Potgooi – Nuus &  Weer 5 Augustus 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 5 Augustus 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

 

Eskom het aangekondig dat hulle planne in plek gaan stel om uit hulle selfgemaakte gemors te kom.  Hulle gaan eerstens ʼn 80% tarief verhoging van elektrisiteit verkry deur ʼn hofbevel, tweedens gaan hul die entiteit ontbondel. Derdens gaan Eskom besparings maatreëls instel. Daar word egter nie aangetoon hoe en watter besparings maatreëls daar geïmplementeer gaan word nie. Intussen het senior amptenare van Eskom, wat tussen R1,5 en R3 miljoen per jaar in salaris ontvang, aangekondig dat hulle die hof gaan nader om terug werkende verhogings van 4,7%  te eis.

Berekenings toon dat dit die bankrot entiteit ʼn verdere R200 tot R300 miljoen uit die sak sal jaag.

 

Die stakende munisipale werkers wat Pretoria in chaos gedompel het en die stad bemors het met vullis, het ʼn bonus van R318 miljoen ontvang na “onderhandelings” met die vakbonde.  Die busbestuurders en diegene wat hul gehelp het om die te busse te “steel” by die bus depot waarmee hul die paaie versper het, gaan seker skotvry afkom van die hele episode.

 

Die polisie in Johannesburg het na ʼn konfrontasie met buitelandse straat verkopers haastig die aftog geblaas nadat die verkopers hul met klippe en ander voorwerpe bestook het. Die polisie het hul optrede beskryf as ʼn “taktiese” onttrekking.

 

Die Openbare Beskermer,  Busisiwe Mkhwebane, het op die sosiale netwerk probeer om haar beeld te verdedig deur aan te dui dat sy soos regters behandel moet word. Die OB reken regters word nie verantwoordelik gehou vir hulle verkeerde uitsprake of bevindinge nie, en hoef nie te betaal vir hulle foute nie. Sy reken die OB behoort ook vrygestel te word van betalings wanneer sy foute begaan het. Busisiwe Mkhwebane het reeds soveel geld verloor weens foutiewe optrede wat deur howe bevind is, dat sy bykans R1 miljoen aan hofkoste moet opdok. Die bewering is gemaak dat sy in haar hoedanigheid as OB skuldig is aan meineed toe sy ’n onwaarheid kwytgeraak het voor die Zondo kommissie, wat kenners laat wonder waarom sy steeds in diens is.

 

Honderde honde, van alle groottes en ouderdom, word daagliks vergiftig en tot soveel as 1100 word elke week in SA gedood deur kwaaddoeners. Dr. Gerhard Verdoorn, direkteur by  die Griffon Poison Information Centre sê die vergiftiging word gedoen met Russiese worsies, of self die bekende “rooiworsies” wat met gifstof behandel is. Gedurende verlede Woensdagaand is sowat 40 honde in Roodepoort dood weens vergiftiging en dit is gevind dat 97% van alle diere wat vergiftig is, daarvan doodgaan. Die vergiftiging is ’n vooraf plan om seker te maak die honde is dood waarna veel makliker ingebreek kan word om die huismense te stroop van hulle huis inhoud. Die ideale toestand is om diere te leer om net kos te eet wat van een persoon in die huishouding aangebied word, maar die leer proses is nie eenvoudig nie en honde is dikwels vergiftig omdat hulle op daardie stadium honger was en alles sal eet wat aangebied word.

 

In die afgelope weke het die betaling van verkeersboetes weer skerp na vore gekom toe vasgestel is dat seker owerhede maatreëls in plek hou terwyl ander dit geensins toepas nie. Die regulasies bepaal dat motoriste wat uitstaande verkeersboetes op rekord het, se bestuurslisensie word nie hernu alvorens die boete betaal is nie. Die jongste opname toon egter dat sowat 45% van boetes betaal word, terwyl ’n bykomende 10% hul boetes betaal indien hulle bestuurslisensie se hernuwing in gedrang kom. Die oorblywende 46% betaal nooit enige boetes van die verkeersdepartement nie, en het nog nooit ’n probleem gehad om die bestuurslisensie hernu te kry nie.

 

Die mikpunt wat deur die ANC gestel is dat Eskom se omkeer binne 18 maande moet plaasvind, is onrealisties en ’n teken van onkunde en oor optimisme. Dit is die mening van kenners wat sê die Eskom gemors gaan baie jare neem voor ’n omdraai punt bereik word, en dan is die voorwaarde dat bekwame, goed opgeleide bestuurspan die voortou neem. Die regering verwag dat Eskom sy huis in orde moet kry in die volgende 18 maande, maar deskundiges reken dit is nie haalbaar nie, en die regeerders gaan moontlik ’n groot skok kry in stede van herstel. Meningsvormers sê die regering probeer sulke verwagtinge skep met die hoop dat wonderwerke gebeur, terwyl die moontlikheid van nog verdere agteruitgang dalk die voorland is indien die regte bestuurspan nie in beheer is nie. Finansiële deskundiges wys daarop dat Eskom vanjaar R20.7 miljard verlies getoon het teenoor die vorige finansiële jaar se R2,3 miljard, wat die indruk laat dat die kragvoorsiener elke jaar swakker vaar.

 

Die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande sê die land was reeds in ‘n ekonomiese krisis toe President Cyril Ramaphosa in die amp verkies is. Hy sê dit is nie waar dat die ekonomie agteruitgegaan het sedert Ramaphosa oorgeneem het nie. Nzimande het gepraat by die 98ste bestaanjaarvieringe van die SAKP in Ermelo in Mpumalanga. Hy sê die voortgesette krisis in staatsbeheerde ondernemings kan regstreeks verbind word met die gierigheid van sekere mense en die miljarde wat gesteel is tydens staatskaping.

 

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum, SANEF en die EFF pak mekaar vandag in die Gelykheidshof in Pretoria oor bewerings dat lede van die party joernaliste geteister het. Dit hou verband met beweerde haatspraak teen joernaliste deur die EFF-leier, Julius Malema, tydens ‘n toespraak verlede jaar. Malema het gepraat buite die gebou waar die kommissie sit wat staatskaping ondersoek, terwyl hy die uitlatings ook op sosiale media gemaak het. Adriaan Basson, Max du Preez, Ranjeni Munsamy en Pauli van Wyk is onder die joernaliste wat beweer dat hulle op sosiale media of persoonlik deur Malema en sy volgelinge aangeval en gedreig is. SANEF wil hê die hof moet Malema se uitlatings as haatspraak verklaar en hom dwing om die joernaliste om verskoning te vra. Malema beskuldig die joernaliste egter daarvan dat hulle ‘n politieke agenda het en sy party se beeld probeer skend.

 

Die EFF is een van die partye wat voorleggings gemaak het oor die ondersoek na redaksionele inmenging by die SAUK. Die verslag oor die ondersoek word vanoggend bekendgemaak. Die EFF se woordvoerder beweer dat die party as nuwe lid op die politieke verhoog, veral voor die algemene verkiesing in 2014, opsy geskuif is. Die parlementêre ad hoc-komitee wat die SAUK-raad ondersoek het, het gelas dat die ondersoek oor redaksionele en politieke inmenging by die uitsaaier moet plaasvind. Die voorsitter van die kommissie, die veteraan joernalis, Joe Thloloe, sal die verslag oorhandig. Die Right2Know-veldtog sê intussen almal wat aan misdrywe skuldig bevind word, moet aanspreeklik gehou word. Die organisasie sê hy hoop die verslag sal help om die SAUK skoon te maak en om die publiek se vertroue terug te wen.

 

Die tieners wat aan ‘n vlug na Kaïro in ‘n tuisgemaakte vliegtuig deelgeneem het sal vanmiddag met ‘n kommersiële vlug na Suid-Afrika terugkeer. Dit volg nadat twee van die direkteure van U-Dream Global, Des Werner en Werner Froneman se ligtevliegtuig Saterdagoggend in Tanzanië neergestort het. Albei het in die ongeluk omgekom. Die woordvoerder van U-Dreem Global, Simon Manda, sê die plan was dat die tieners op luisteryke wyse na Suid-Afrika sou terugkeer.

 

Lede van die teen-bende-eenheid in Kaapstad het twee mans vir ondervraging ingeneem in verband met ‘n man wat in sy huis in Delft op die Kaapse Vlakte doodgeskiet is. ‘n Vier-jarige meisie en ‘n 37-jarige vrou is in die voorval in hul arms en hande geskiet. Hulle is blykbaar familie van die man. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord.

 

‘n Vrou is dood toe haar plakkershuis in Syferfontein op George in die Suid-Kaap afgebrand het. Die polisie sê die brand is vermoedelik veroorsaak deur ‘n kers wat omgeval het. Twee plakkershuise is in die brand verwoes.

 

‘n Duiker is in Kaapstad in hegtenis geneem wat na bewering ‘n aantal sakke perlemoen en duiktoerusting in Melkbosstrand bewaak het. Die Metropolisie sê hul optrede was deel van ‘n gesamentlike operasie tussen die polisie en ‘n burgerlike teenstropings-eenheid in Melkbosstrand. ‘n Aantal duikers is gewaar toe hulle by die water ingegaan het. Dertien vermeende stropers en twee voertuie is voorgekeer en deursoek, maar geen bewyse is gevind nie. Beamptes het egter in die duine gaan soek en afgekom op die verdagte en sowat 400 eenhede perlemoen. Hy word by die plaaslike polisiestasie aangehou.

 

 

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm later met ‘n Min 15 Max 29

Nelspruit – Sonnig en baie warm later met ‘n Min 14 Max 34

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 27

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 23

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 25

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en warm later met ‘n Min 12 Max 28

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 8 Max 25

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 23

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 23

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 22

Upington –      Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 8 Max 23

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n Min 13 Max 15

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 18

Sutherland – Sonnig en baie koud met ‘n Min – 2 Max 13

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

 

Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Afrikaans bly Groot saam met Arlene

15:00 –  Heruitsending van Treffers vanToeka tot nou saam met Ludwig

17:00 – Menslief ek is Lief vir jou saam met Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq – werk op alles op die internet

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

 

Be the first to comment

Leave a Reply