Potgooi – Nuus & Weer 5 Februarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 5 Februarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

Daar is reeds 492 mense dood en ‘n verdere 24 500 mense wêreldwyd wat die virus onderlede het, hoofsaaklik in China. Dit lyk asof die aantal gevalle waar mense aangesteek word daagliks verdubbel.

Minstens 300 van die drieduisend-700 passasiers op ‘n skip in die hawe van Yokohama in Japan, is tot dusver getoets vir tekens van die coronavirus. Vroeër is bevestig dat 10 passasiers die virus het en in hospitale opgeneem is. Die res van die passasiers en bemanningslede word nog getoets en sal in elk geval vir twee weke in kwarantyn op die skip wees. Die skip het eergister in Yokohama aangekom ná ‘n vaart van 14 dae. In Hong Kong is mense op ‘n passasierskip ook in kwarantyn nadat sommige bemanningslede koors en ander simptome aangemeld het. Daar was in Januarie drie Chinese burgers op die skip wat die virus opgedoen het. Die skip het vroeër die week in die hawe in Keelung, Taiwan, aangedoen. Die jongste dodetal in China staan op 490 met meer as 24-duisend aangemelde gevalle.

 

Die regskenner, Ulrick Roux, sê indien oudpresident Jacob Zuma op 6 Mei by die hof opdaag, maar nie die hof kan oortuig dat hy gister werklik siek was nie, kan ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming in werking tree en kan hy aangehou word. Dit volg nadat die hooggeregshof in Pietermaritzburg gister ‘n lasbrief toegestaan het nadat hy nie by die hof opgedaag het nie. Die hof was ook ontevrede met die inhoud van die mediese sertifikaat wat Zuma se regspan ingedien het. Sy regspan het intussen aangedui dat hulle nie die lasbrief gaan teenstaan nie. Zuma en sy medebeskuldige, die Franse wapenvervaardiger Thales, staan tereg op verskeie aanklagte van korrupsie, geldwassery en rampokkery.

 

Die regspanne van President Cyril Ramaphosa en die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane sal vandag hul slotbetoë lewer in die omstrede CR 17-geregtelike hersiening in die Pretoriase Hooggeregshof. Ramaphosa se regspan het gister aan die hof gesê dat Mkhwebane geen jurisdiksie het om partye se verkiesingsbefondsing te bevraagteken of te ondersoek nie. Hulle voer aan dat haar mandaat staats- en publieke administrasie-kwessies behels. Mkhwebane se regspan hou daarenteen vol dat sy haar mandaat uitgevoer het. Sy het in haar verslag bevind dat Ramaphosa die parlement doelbewus mislei het oor ‘n skenking van 500-duisend rand aan sy veldtog as ANC-presidentskandidaat. Die president se span voer aan dat Mkhwebane nêrens in haar verslag melding gemaak het dat Ramaphosa persoonlik meer as 32-miljoen-rand aan die veldtog geskenk het nie, en dat ander ANC-lede ook die stigting gebruik het.

 

Eskom waarsku dat daar vandag gedurende spitstye beurtkrag toegepas sal moet word. Eskom het beplan om beurtkrag gedurende die oggend- en aandspitstye te laat vaar om verkeersdrukte te verhoed. Eskom sê daar is reeds ‘n hoër vraag na elektrisiteit as wat aanvanklik verwag is. Fase 2-beurtkrag is tot dusver ingestel, maar Eskom sê die kragnetwerk is onbestendig en enige gebeurlikheid kan sy beurtkragprogram wysig.

 

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy staatsrede gebruik om sy eie leierskap te loof en grootliks op ekonomiese suksesse en binnelandse beleid soos die bekamping van onwettige buitelanders gefokus. Trump het sy Midde-Oosterse vredesplan as baanbrekerswerk beskryf. Hy het die dood van die Islamiese Staat se leier, Abu Bakr Al Baghdadi, en die Iranse bevelvoerder, Qasem Soleimani, as voorbeelde van Amerikaanse geregtigheid voorgehou…

 

Die voormalige burgemeester van South Bend, Indiana, Pete Buttigieg, is die Demokrate se voorloper tot dusver in die Iowa-koukus, met die finale uitslae wat nog afgewag word. Dit was ‘n kop-aan-kop stryd tussen die 38-jarige Buttigieg en die 78-jarige Bernie Sanders. Die Amerikaanse senator, Elizabeth Warren is in die derde plek, met Joe Biden vierde. Die koukus is die eerste been van die wedloop om ‘n kandidaat vir die Demokrate te verkies vir die komende presidentsverkiesing in November.

 

Die eerste minister van Lesotho se vrou is formeel aangekla van moord en poging tot moord. Maesaiah Thabane het vanmiddag in die landdroshof in Maseru verskyn in verband met die sluipmoord op haar man se eerste vrou Dipolelo Thabane. Die moord het plaasgevind twee dae voor Tom Thabane in 2017 as eerste minister ingehuldig is. Thabane het haarself aan die polisie oorgegee nadat sy vir twee weke voortvlugtend was.

 

Inwoners van Galeshewe buite Kimberley het ‘n ultimatum aan owerhede gestel om aan hul eise te voldoen. Die mense sê as daar nie binne 24 uur ag geslaan word op hul griewe nie, sal hulle protesoptrede voortgaan. Hulle het die hoofpad tussen Galeshewe en Kimberley se middestad versper. Hulle eis water, sanitasie en elektrisiteit. Die groep het drie maande gelede onwettig begin plak op ‘n stuk grond in Galeshewe en sê owerhede moet nou basiese dienste aan hulle verskaf.

 

Dele van die munisipale gebou in Paulpietersburg in die noorde van KwaZulu-Natal is tydens ‘n gewelddadige betoging vernietig. Inwoners van die Edumbe-munisipaliteit het paaie versper en bande gebrand. Hulle dring aan op die bedanking van die speaker en wil hê die dorp moet skoongemaak word. Die burgemeester, Majuba Mavuso, het met betogers vergader. Meer as veertig mense is in hegtenis geneem weens die beskadiging van eiendom.

 

Die voorsitter van die burgerregte-organisasie The Justice Project, Howard Dembovsky, het ‘n beroep op motoriste gedoen om te help om ‘n hofsaak te finansier om ‘n interdik te verkry teen die inwerkingstelling van die Aarto-wet. Dembovsky het begin met ‘n hofgeding teen die wet. Hy meen Aarto is ongrondwetlik, omdat die vertrekpunt is dat ‘n motoris skuldig is tot sy onskuld bewys word. Daar is nog nie ‘n datum vir die hofsitting vasgestel nie. Intussen word die wet in Junie van krag. Dembovsky sê dis onwaarskynlik dat die saak waarin hy die grondwetlikheid van Aarto betwis voor Junie aangehoor gaan word. Hy wil daarom aansoek doen om ‘n interdik om die inwerkingstelling van die wet te voorkom, maar daarvoor het hy befondsing nodig.

 

Eskom sê hy gaan al meer mense se krag begin afsny weens agterstallige rekenings of onwettige kragverbindings. Verbruikers wat glo self hul krag verbind na Eskom dit afgesny het, word ook geteiken. Inwoners van Soweto, suid van Johannesburg, skuld sowat 18 miljard rand aan die kragverskaffer. Inwoners het gister met protesoptrede begin omdat Eskom kragtoevoer na die gebied weens wanbetaling begin sny het.

 

Familielede van ‘n vrou van Verulam in KwaZulu-Natal wat haarself en twee kleuters om die lewe gebring het, sê hulle is steeds geskok oor die voorval. Die vrou, Nonhlanhla Nyawuza, het na bewering ook haar twee dogters probeer vergiftig. Die meisies is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Nyawuza se ma sê sy kan nie sin maak van die voorval nie. Sy sê sy is met haar terugkeer van die werk af deur die polisie ingelig dat haar dogter en twee kleinseuns dood is.

 

Die Universiteit van KwaZulu-Natal het akademiese bedrywighede by al sy kampusse opgeskort vir die res van die week. Gewelddadige betogings kom weer vandeesweek voor en gister is ‘n voertuig op die Edgewood-kampus deur ‘n petrolbom beskadig. By die Pietermaritzburgkampus en op die Howardkollegekampus is geboue aan die brand gesteek. Die betogende studente eis huisvesting en dat agterstallige skuld afgeskryf word. Die Universiteitsbestuur sê die besluit oor die opskorting van klasse is geneem in belang van die Universiteit.

 

‘n Woordvoerder van Samancor, Sunel Pretorius, sê die afleggings is ‘n laaste uitweg. Sy sê die verswakking van marktoestande noodsaak die myn om werkers te verminder. Pretorius sê vorige besparingsmaatreëls en die verbetering van produksie het nie genoeg resultate opgelewer om afleggings te voorkom nie.

 

Mynwerkersvakbonde sê hulle sal beplande afleggings in chroommyne teenstaan. Twee myne in Rustenburg in Noordwes, Samancor en Glencore Merafe Joint Venture, het begin met ‘n proses om meer as drieduisend werkers af te lê. Die myne voer aan die afleggings in nodig weens verhoogde produksiekoste, die styging in kragtariewe, druk op kommoditeitspryse en die inwerkingstelling van koolstofbelasting. Die streeksekretaris van die N.U.M. Geoffry Moatshe, sê die proses is onregverdig, omdat Glencore die vakbond vroeër gekonsulteer het oor moontlikhede om die werkverlies te vermy.

 

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die coronavirus, wat in China begin het, kan nog nie as ‘n wêreldwye pandemie bestempel word nie. Tot dusver is 425 mense al weens die virus dood en dit het reeds na 23 lande versprei. ‘n Woordvoerder van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Sylvie Briand, sê daar is wel ‘n epidemie van vals inligting oor die virus wat wêreldwyd versprei word. Sy sê die ongegronde inligting bemoeilik die bekamping van die virus.

 

Die LUR het intussen ‘n isolasiesaal by die Polokwane-hospitaal in Limpopo geopen wat gebruik sal word indien iemand in die provinsie wel met die coronavirus gediagnoseer word. Die saal, met vier beddens, is binne die afgelope 24 uur omskep om pasiënte in isolasie te kan versorg.

 

Die gesondheidsdepartement in Limpopo sê daar is geen bevestiging dat ‘n pasiënt wat in die Ellisras-hospitaal in Lephalale in isolasie geplaas is, die coronavirus onder lede het nie. Die man werk by die Groblersbrug-grenspos tussen Botswana en Suid-Afrika. Hy is in die hospitaal opgeneem met ‘n hoë koors en griepsimptome. Die LUR vir gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba, sê die man het op die grenspos met mense se bagasie gewerk. Hy ondergaan toetse wat aan die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes gestuur gaan word. Botswana het vroeër aangekondig daar is vyf moontlike gevalle van die coronavirus in dié land.

Werkers van die Lekwa-Teemane- plaaslike munisipaliteit in Christiana in Noordwes, het begin staak. Hulle eis dat die munisipale bestuurder, Ndoda Mgengo, uit sy pos verwyder word. Die Arbeidshof het hom verlede maand in sy pos heraangestel, nadat hy weens bewerings van korrupsie en wandadministrasie geskors is. Die werkers sê hulle sal nie terugkeer werk toe voordat Mgengo afgedank is nie.

 

‘n Mango Boeing 737 het tydens ‘n vlug tussen Kaapstad en Johannesburg ‘n paneel verloor  Mango het bevestig dat ‘n sypaneel van ‘n vlerk losgekom en afgeval het. Dit het klaarblyklik geen gevaar ingehou vir die passasiers nie, maar vrae word nou gevra rondom die instandhouding van die groep se vloot.

 

’n Op en wakker Suid-Afrikaner het Prasa spoor agentskap uitgevang dat hy met duisende pendelaars en trein reisigers se lewens dobbel deur ou remskoene aan te bring op treine. Die spoor agentskap beskik klaarblyklik oor geen nuwe voorraad remskoene vir treine nie, en maak gebruik van ou gebruikte remskoene. Kenners wys daarop dat dit ’n berekende risiko inhou dat duisende mense hulle lewens waag om op die treine te klim, want ’n swak remstelsel is ’n tender om gedood te word. Prasa os nog een van die staat se bankrot entiteite, maar die jongste inligting oor die treine se remstelsels laat hare rys, en mense vra of die skuldiges nie vir poging tot massa moorde aangekla kan word nie. Gedurende Desember is Prasa onder administrasie geplaas, en kenners vra hoe dit moontlik is dat die entiteit nog kan voortbestaan met so ’n bestaan rekord.

 

Die Departement van Binnelandse Sake het aangekondig dat al sy kantore opdrag het om tot saans 7.00 nm diens te lewer aan die publiek. Die reëling geld vir die hele Februariemaand, en sal konsentreer op die uitreiking van bestuurslisensies en ID kaarte, terwyl geboortes en sterftes ook aangemeld kan word in die “na ure” tydperk. Die Departement moedig glo die mense aan om hulle ID dokument af te haal indien hulle reeds twee weke tevore die aansoek ingedien het. Die Departement het verlede jaar onder skoot gekom oor sy uitermatige swak dienslewering, en wil blykbaar met die gebaar die vertroue van mense probeer wen.

 

Motoriste sal van Woensdag 5 Februarie slegs 13 sent per liter minder betaal vir petrol en diesel verlaag met 5 sent per liter. Prysverlaging weens die laer pryse van ru-olie.

 

Kabeldiewe het die spoorverkeer in die Benoni omgewing tot stilstand gebring en duisende pendelaars moes skielik van ander vervoer gebruik maak om by die werk en skole uit te kom.  Daar het die afgelope tyd ʼn skerp toename plaas gevind in diefstal van elektriese kabels.

 

Inwoners in die Mokhotlong omgewing is in opstand weens die nie-betaling of te wel kompensasie vir grond wat verloor gaan word met die Lesotho Hoogland waterskema.   Hulle is ook ontevrede om dat werkverskaffing aan plaaslike inwoners nie geskied nie.  Dit alles volgens die ooreenkoms aangegaan tussen die Lesotho en SA regering.  Hierdie projek kan in gedrang kom indien inwoners reg in eie hande neem.

 

Afgetrede regter Johann Kriegler het die SA Regsgenootskap versoek om dringend ondersoek in te stel teen ‘n persoon wat reeds meer as ‘n dekade i kontroversie was. Die Wes-Kaapse Regter President John Hlope is die afgelope tyd beskuldig deur regter Patricia Goliath dat hy regter probeer beïnvloed het in Jacob Zuma se kriminele sake,

Bronne: Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 21 Max 33

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 17 Max 33

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 32

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 21 Max 28

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 18 Max 30

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 21 Max 32

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 18 Max 33

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 24 Max 34

Upington – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 26 Max 38

Durban – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 21 Max 30

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en baie warm met swaar reën met tye met ‘n Min 24 Max 30

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 19 Max 23

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 21 Max 26

Sutherland – Bewolk en baie warm met reënbuie met ‘n Min 12 Max 29

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

 

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa 
10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
15:00 – Lulu se storietyd – saam met Cathy
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet
web https://netradiosa.co.za/ http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply