Potgooi – Nuus &  Weer 7 Augustus 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 7 Augustus 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

 

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

Die DA het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om ‘n kommissie van ondersoek te oorweeg om die stormloop in 2017 by die FNB-stadion te ondersoek. Twee mense is tydens die stormloop dood. Die party is ontevrede met die minister van Sport en Ontspanning, Nathi Mthethwa, se repliek op ‘n vraag deur sy LP, Tsepo Mhlongo. Volgens Mthethwa is Ramaphosa van mening dat daar te veel kommissies van ondersoek aangewys word. Mhlongo voer egter aan dat ‘n ondersoek na die FNB-voorval noodsaaklik is sodat families kan afsluiting kry nie en ‘n plan opgestel kan word om soortgelyke voorvalle by ander stadions te verhoed.

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum, SANEF, se regsverteenwoordiger, Tebogo Manchu, sê die dreigemente van die EFF-leier, Julius Malema, is eg. SANEF het in die Hooggeregshof in Pretoria repliek gelewer op Malema se regsverteenwoordigers, Thembeka Ngcukaitobi en Kameel Premhid. Hulle het die hof gevra dat SANEF se saak teen die EFF uit die hof gegooi word omdat die hof nié die jurisdiksie het om dit aan te hoor nie. Manchu het egter aangevoer dat sy kliënte op sosiale media geteister, en op straat aangeval word. SANEF en ‘n aantal joernaliste het ‘n klag teen die EFF gelê omdat die party volgens hulle ‘n omgewing skep wat die teistering en viktimisering van joernaliste aanmoedig.

Twee gevaarlike verhoorafwagtende gevangenes is in die Hooggeregshof in Thohoyandou in Limpopo doodgeskiet toe hulle vermoedelik probeer ontsnap het. ‘n Polisiewoordvoerder, Motlafela Mojapelo, sê die vermeende rowers het in die hof verskyn op aanklagte wat wissel van moord en roof wat onder meer uit ‘n transitorooftog spruit. Hulle is geskiet toe hulle na bewering ‘n tronkbewaarder ná hul verskyning van sy wapen wou beroof. Mojapelo sê die ondersoek na die voorval is intussen deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, OPOD, oorgeneem.

Twee mans wat tereg staan op die aanranding en moord van ‘n 30-jarige man wat na bewering bone op ‘n plaas in Mpumalanga gesteel het, sal weer vanoggend in die Delmas-landdroshof verskyn vir ‘n borgtogaansoek. Die verdagtes sal vanoggend verder onder kruisondervraging geneem word oor wat gebeur het die nag tot Doctor Masilela dood is. Hulle sal ook redes moet verskaf hoekom hulle borgtog moet ontvang. Die landdros het Maandag die saak uitgestel om selfoonrekords van een van die verdagtes te bekom. Die staat sal dit as getuienis aanbied. Beide verdagtes bly in aanhouding. Aanklagte teen ‘n derde verdagte is laat vaar nadat hy besluit het om vir die staat te getuig.

Die eerste van twee verwagte kouefronte kan van vamiddag af swaar reën oor Kaapstad laat uitsak. ‘n Weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Henning Grobler, sê inwoners van die stad kan oor die volgende paar dae lae temperature verwag. ‘n Tweede kouefront kan volgens aanduidings Sondagaand sy opwagting in Kaapstad maak en koue oor ‘n groot deel van die Wes-Kaap meebring. Die front kan volgens Grobler reën noordwaars tot by Springbok meebring. Sterk wind kan ook oor ‘n groot deel van die Wes-Kaap verwag word.

Die president van die ANC Vroueliga, Bathabile Dhlamini, sê hulle is nie verskonend oor hul beroep op regverdige verteenwoordiging in die privaat- en openbare sektor nie. Sy sê die Vroueliga sal voortgaan om hulle te beywer vir vroue- verteenwoording in leierskapstrukture in alle sektore in die land. Die liga het vroeër die premier van Gauteng, David Makhura, versoek om toe te sien dat 50-persent van die wetgewer vroue is. Dlamini het haar sterk uitgespreek oor die swak verteenwoordiging van vroue in due Gautengse Wetgewer. Die kwessie is nou onder die aandag van die ANC se NUK gebring. Makhura sê herontplooiing is ‘n interne saak en die publiek sal mettertyd ingelig word oor enige veranderings.

Terwyl Suid-Afrika se ekonomie al verder terug val op pad na ’n resessie, blyk dit dat banke ook ’n verdere 10,000 werkers gaan aflê. Die bewering wat deur ’n vakbond gemaak is, is kort daarna deur van die groter bankgroepe verwerp. Die finansiële insinking word met ernstige kommer dopgehou, en die feit dat Standard Bank besluit het om van sy takke t sluit, het meegehelp dat waarnemers besorg geraak het oor die volhoubaarheid om alle personeel in diens te hou. Bewerings is gemaak dat Standard bank tot 6,000 werkers kan aflê terwyl Nedbank sowat 3,000 poste afskaf en Absa byna 900 werkers gaan aflê. Die bewering is gemaak dat die afleggings deel is van die sogenaamde “vierde industriële revolusie” maar die bankgroepe het ontken dat die afleggings gemaak word.

 Bronne: Die Vryburger en SABC

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n waarskuwing uitgereik oor stormsterk winde van 70 km/h tot 80 km/h wat tussen Kaappunt en Kaap Agulhas verwag word.

 

Die SAWD waarsku ook teen ’n hoë brandgevaar in die sentrale binneland van die Noord-Kaap, die verre westelike dele van Noordwes en die Vrystaat, asook in die noordoostelike dele van die Wes-Kaap en die noordelike dele van die Oos-Kaap.

 

Gauteng

 

Gedeeltelik bewolk en warm.

 

Pretoria: 12 °C en 28 °C

Johannesburg: 11 °C en 25 °C

Vereeniging: 07 °C en 27 °C

Mpumalanga

 

Bewolk in die ooste met oggendmiskolle. Dit sal matig en warm wees, maar baie warm in die Laeveld. Dit sal teen die middag bewolk raak oor die Hoëveld.

 

Mbombela: 16 °C en 29 °C

Limpopo

 

Bewolk langs die platorand en oor die Laeveld in die oggend met miskolle. Dit sal matig en warm tot baie warm wees, maar gedeeltelik bewolk in die weste.

 

Polokwane: 12 °C en 27 °C

Noordwes

 

Winderig en matig tot warm. In die ooste sal dit gedeeltelik bewolk wees, waarna dit teen die middag na die sentrale gedeeltes sal versprei.

 

Mahikeng: 10 °C en 30 °C

Vryburg: 07 °C en 29 °C

Vrystaat

 

Winderig en matig tot warm. Teen laatmiddag sal dit in die ooste gedeeltelik bewolk word.

 

Bloemfontein: 03 °C en 26 °C

Noord-Kaap

 

Mooiweer en warm. In die verre ooste sal dit egter later die middag koud wees asook gedeeltelik bewolk met moontlike reën.

 

Kimberley: 03 °C en 28 °C

Upington: 05 °C en 25 °C

Wes-Kaap

 

Oggendmis in plekke langs die Weskus. Dit sal gedeeltelik bewolk wees met reën wat laat die oggend in die westelike en suidwestelike gedeeltes voorspel word.

 

Kaapstad: 12 °C en 15 °C

George: 11 °C en 23 °C

Oos-Kaap

 

In die westelike deel van die Oos-Kaap sal dit winderig en matig tot warm wees. Dit sal later gedeeltelik bewolk word.

 

In die ooste sal dit winderig in die sentrale dele wees. Matige en warm temperature word verwag, maar koel temperature in die noorde.

 

Port Elizabeth: 12 °C en 25 °C

Oos-Londen: 12 °C en 27 °C

KwaZulu-Natal

 

Aanvanklik gedeeltelik bewolk. Matige tot warm, maar baie warm in plekke in die noordooste.

 

Durban: 15 °C en 27 °C

Richardsbaai: 18 °C en 29 °C

Pietermaritzburg: 10 °C en 31 °C

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Bron: Netwerk24

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

 

Die program rooster vir vandag

 

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa
10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
15:00 – Lulu se storietyd – saam met Cathy
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Skakels om na die Radio te luister

website: https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/


Be the first to comment

Leave a Reply