Potgooi – Nuus & Weer 7 Februarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 7 Februarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

Die Koronavirus het die dood van meer as 630 mense veroorsaak en meer as 31400 oor 25 Lande besmet. Twee luukse passasiersskepe een by Japan en een by Hongkong is onder kwarantyn met 61 besmette mense aanboord van een van die skepe.

Intussen word daar gewag op toets resultate van 2 Suid Afrikaners on KZN wat die simptome toon, een by ‘n Staats hospitaal en een by ‘n Private hospitaal, die geval wat in Limpopo getoets was, was gelukkig negatief getoets asook die geval in Namibië en Botswana was albei negatief.

Die Dokter in China wat die uitbreek van die virus bekend gemaak het, het gister gesterf as gevolg van die virus.

 

Die Staande Kommittee van Openbare Rekeninge het in ‘n verklaring gesê dat hul die parlement gaan versoek om die vorige interim raad van Prasa en vorige rade se direkteure as “misdadig” te verklaar.  Dit sal verhoed dat die persone op enige rade mag dien.  In Desember is die vorige raad deur Mbalula afgedank.

 

Die Stadsraad van Kaapstad sukkel om meer as 3,000 poste te vul weens ‘n skaarste aan kandidate met die nodige vaardighede. Daar is nie gemeld in watter areas die tekorte is nie maar die Raad gaan nou glo daadwerklik pogings aanwend om die poste te vul.

 

Volgens ‘n verslag van Nedbank het die aanhoudende krag onderbrekings die land in ‘n resessie gedwing.  Die Efficient Groep het bereken dat krag onderbrekings die land net meer as R8,5 miljardgekos het. Intussen het Eskom aangekondig dat dit meer as 18 maande gaan neem om die foute in die kragstelsel reg te stel.

 

Die Gauteng Departement van Gesondheid het opdrag gegee dat die dr George Mukhari akademiese hospitaal alle werwing, seleksie en vulling van vakante poste moet staak.  Berigte van onreël- matighede in die vulling van die poste het die departement genoop om die stap te neem.

 

’n Plaas in Noord-Wes, tussen Klerksdorp en Stilfontein, wat sowat 1,000 hektaar groot is, is teen die reuse bedrag van R560,000 per hektaar van die hand gesit. Die markwaarde van die grond word geraam op ’n maksimum van R125,000 per hektaar, wat sowat ’n kwart van die werklike verkoopprys is. Kenners wys daarop dat die grond wat glo bedoel was vir dorpsontwikkeling, beslis nie geskik is daarvoor nie weens die groot deel wat dolomitiese struktuur het. Die staats pensioenskema het glo 60% aandeel en die Isago Holdings ’n 40% aandeel in die grond, wat klaarblyklik ’n baie vreemde transaksie is omdat dit gekoop is teen ’n belaglike hoë prys. Waarnemers sê die transaksie skep die indruk dat iemand dalk sy hand kon lê  op ’n deel van die staatspensioen.

 

’n Eienaardige “doktersertifikaat” wat Jacob Zuma en sy regsverteenwoordigers ingehandig het by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het die regter laat besluit dat Zuma wel gedagvaar kan word om by die volgende hofsitting op te daag. Die regter,  Dhaya Pillay ,het opgemerk dat die “sertifikaat” ietwat vreemd lyk, en dat die datum daarop toon dat daarmee gepeuter is.Die regter het, sonder om dit direk te vra, gewonder wie is die dokter wat die sertifikaat onderteken het.Die sertifikaat wat uitgereik is deur die Een Militêre Hospitaal is onderteken deur Dr. ZK Motene, en dit het die regter haar wenkbroue laat lig. Die sertifikaat toon ook nie die aard van die siekte aan nie, en verwys slegs na ’n “mediese toestand”. Die regter het dit in twyfel getrek of die sogenaamde dokter ’n geregistreerde mediese geneesheer is, en het in die lig van die vreemde sertifikaat, gesê Zuma kan gedagvaar word om in die hof te verskyn.

 

Die regering sal jou goed ontwikkelde plaas van jou wegvat, en jy sit sonder ’n heenkome, maar jy sal nog verantwoordelik wees vir die betaling van daardie plaas se verband. Regsgeleerdes wys daarop dat die wet baie duidelik is, dat die persoon wat ’n verband aangegaan het, ook verantwoordelik is vir die finale betaling daarvan, ongeag wie die grond besit. Dit is hierdie toedrag van sake wat as onbeskaamde diefstal beskryf word, en wat van die ANC regime niks anders maak as dit wat Robert Mugabe was nie. ’n Boer het juis verbande op sy plaas om die voedsel produksie te verbeter en volhoubaar te boer in belang van almal wat daagliks moet eet. Bankiers sê die onteiening sonder vergoeding is nie hulle probleem nie, slegs die verband wat afgelos moet word, en dit is die persoon wat die verband aangegaan het se verantwoordelikheid om dit af te los. “Dit is besigheid soos altyd, en gaan nie verander nie”, is gesê.

 

Die provinsiale regering in KwaZulu-Natal het sy teleurstelling uitgespreek oor die beplande opskorting van S.A.L-vlugte tussen Durban en Johannesburg aan die einde van die maand. Slegs binnelandse vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad sal nog plaasvind. Dit is deel van die inisiatief om die lugdiens weer volhoubaar te maak. Die premier van die provinsie, Sihle Zikalala, sê die S.A.L se besluit sal nie net werkgeleenthede raak nie, maar dit ondermyn ook die provinsie se ekonomie. Hy sê daar is geen bewys dat die roete na Durban nie tot voordeel van die lugdiens is nie. Die president van die Kajuitbemanningsvereniging, Zazi Sibanyoni, sê intussen 50 persent van die arbeidsmag by die lugdiens sal geraak word deur die besluit om vlugte te kanselleer. Sy sê die vereniging en ander vakbonde is nie in die proses geken nie, en hulle weet ook nie wat die S.A.L se plan met sy werknemers is nie. Sy sê hulle win regsadvies in.

 

Politieke partye moet vandag mense benoem om op die onafhanklike paneel te dien, wat die proses sal begin om die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, uit haar amp te laat verwyder. Nuwe goedgekeurde reëls vir die ontslag van hoofde van Hoofstuk nege-instellings, vereis dat ‘n onafhanklike paneel aangestel moet word, waarna ‘n ad hoc-komitee sy bevindings bekend sal maak. Mkhwebane het egter ‘n aansoek om ‘n dringende interdik teen hierdie reëls ingedien.

 

 

Die Universiteit van Wes-Kaapland sê klasse is tot Maandag toe opgeskort om die registrasieproses af te handel. Die universiteit se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die besluit volg op ‘n vergadering tussen die UWK-bestuur en die studenteraad. Klasse is tydelik gestaak weens studente se protesoptrede. Sommige studente was ontevrede oor die toelatingsvereistes vir registrasie en huisvesting. Abarder sê die universiteit se administrasie sal egter soos normaal voortgaan.

 

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het bevestig dat Amerikaanse magte ‘n leier van Al-Kaïda vermoor het. Die media in Amerika het aan die einde van Januarie al berig dat Kasim Al-Rajimi, die leier van Al-Kaïda in die Arabiese Skiereiland, doodgemaak is, maar Trump het dit nou eers bevestig. Al-Rajimi het die Amerikaanse spesiale magte vyf jaar lank ontduik. Trump sê Al-Rajimi se dood bring Amerika nader daaraan om die bedreiging wat Al-Kaïda vir Amerika inhou uit te skakel.

Bronne: CNN, Die Vryburger & SABC

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 21 Max 31

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met ligte reënbuie met ‘n Min 18 Max 28

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 20 Max 30

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 19 Max 28

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën met tye met ‘n Min 18 Max 29

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 18 Max 30

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 18 Max 30

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 21 Max 32

Upington –          Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met matige reënbuie met tye met ‘n Min 26 Max 36

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 23 Max 24

Oos-London – Bewolk met ligte reënbuie met ‘n Min 20 Max 23

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 19 Max 26

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm met ligte reënbuie met ‘n Min 15 Max 21

Sutherland – Bewolk en warm met ‘n Min 11 Max 26

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

 

Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – Kuierjolyt saam Cathy

12:00 – Tjailatyd met Arlene

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

20:00 – Musiekmandjie met DJ Uiltjie speel saam dis pret

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet
web https://netradiosa.co.za/ http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://www.radioonlinelive.com/south-africa/netradiosa/


 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply