Potgooi – Pittige Allegaartjie 2020 05 14

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Pittige Allegaartjie 2020 05 14

Donderdae om 15h00 saam met Fanie.

Luister weekliks HIER

Script 4 2020 05 14

 

Goeiedag –Welkom by NetradioSA wereldwyd beskikbaar by www.netradiosa.co.za  – Dit is fanie met pittige allegaartjie. Die program waar ek bietjie die humor in die politiek , sport en gemeenskapswerelde bekyk. Ons suid Afrikaners en veral Afrikaners is mos bekend daarvoor dat ons menige ërnstige”situasies ontlont met humor- as’t ware as ‘n ontvlugtings meganisme.

Ek wil net bevestig dat hierdie program heelwat politieke satire bevat en  geen politieke party en/of standpunt ondersteun word nie. enige toevallige standpunte en opmerkings is die aanbieder s’n self en NetradioSA ondersteun of onderskryf sodanige standpunte nie noodwendig nie. NetradioSA behou hulle die reg voor om hulle van enige standpunt/mening/uitspraak ter eniger tyd te distansieer.

Ek het hierdie week die voorreg, om in die segment Fanie gesels met, met die liedjieskrywer,Stef Kruger te gesels

Onderhoud met Stef Kruger

Ek het so 2 weke terug my vriend die digter en filosoof Jean Terblanche aangehaal en ek wil weer een van sy wyshede aanhaal, veral oor  wat ek later gaan kwytraak en saam met die wysheid dalk net mag sin maak. Ek haal aan.

Ek het gisteraand in Last Man standing gesien hoe die konserwatiewe Amerikaanse gesin-sitkom die Trump landing hanteer en hoe die pa vir sy verdeelde gesin verduidelik oor respek vir mekaar en mekaar se opinies. Ons is ook verdeel soos die VSA en ons ack-ack iemand maklikuit die lug uit oor sy kleur, Oor sy politiek of oor sy opinie oor Covid 19. Ek is self verskeur in my kop oor baie onderwerpe en somtyds weet ek net nie. Die waarde van debat en luister na ander se opinies is essensieel in demokrasie en goeie besluitneming.  Kom ons bring tog net weer respek en goeie maniere terug aarde toe. Kom ons dink voor ons praat, text of post. Kom ons google en vors na voor ons saamstem of afkraak.Anders is die maklike opsie om vir Trump, die iluminatie, die broederbond, die vrymesselaars, Bill Gates en China die skuld vir alles te gee. Oorloë is al begin oor misverstande en massa histerie. En ek preek vir myself. My mond is ook gou te groot.

Nou daar was die week 2 uitlatings/verklarings wat my opgeval het. Eerstens deur Melanie Verwoerd en tweedens deur Dirk Hermann van Afri Forum.

Nou Melanie Verwoerd het ons almal kom tergwys oor hoekom ons dit durf waag het om onder andere die hele sigaret kwessie so uit verband te ruk asof dit sou dui op skeuring en verdeling in die ANC. Half vermakerig ook verwys na sg politieke ontleders wat sy betwyfel en dat mense asb eers die feite moet regkry voor hulle hulle dan sou uitlaat oor die wonderlike party. Net bietjie agtergrond oor Melanie. Sy was baie lank gelede getroud met ‘n kleinseun van Dr Verwoerd , maar is hulle ook lank gelede geskei As ek reg onthou is daar; veral in die Thabo Mbeki tyd wel na haar verwys as ‘n kleindogter van Dr Verwoerd en het daar nie te veel ontkenning oor die valse aanname geskied nie. Dalk is die voortgesette gebruik van die van voordelig om ‘n voordelige politieke loopbaan by die ANC te verseker, soos sy wel gedoen het. Maar terug by die uitlatings. As apologeet vir die ANC het sy opgemerk dat dit wat met die sigarette gebeur het eintlik baie onskuldig was en dat die AC dan nog altyd kollektiewe besluitneming toegepas het. Almal kry geleentheid om hulle se te se en dan word ‘n meerderheids besluit geneem. En natuurlik die verontwaardiging van dat mense dit durf waag om haar edele Nkosasana Dhlamini Zuma te kritiseer en haar in die kamp (wat nie bestaan nie) nl die Zuma kamp is, te plaas. Nou wonder ek net , die President was dus verkeerd omdat hy nie eers wou luister nie? Of wat dink iemand soos ons vriend Bheki Cele dan van die kollektiewe besluitnemings proses, en soos ek haar verstaan het oor alles, derhalwe ook op die terrein van ministers, besluit. Ek weet nie Melanie. Sou die vorige President dan ook die kollektiewe besluinemings proses eerbiedig het, wat volgens jou dan in die DNA van die ANC is. Ons weet tog dat hy dit beslis by die aanstelling van iemand soos Des Van Rooyen, nie gedoen het nie. Die tydsbereking was ook goed want Melanie het die duidelikheid vir ons kom gee nadat die afrikaanse sondagblad Rapport die vorige week hieroor en bepaald negatief vir die ANC berig het, dis nou in Afrikaans by sy majesteit se uitsaaistasie die SABC en dan spesifiek RSG. Net so op die kantlyn, is RSG (en ook die ander SABC radiodienste )  se klingel voor die nuus nl Onpartydig en Onafhanklik nie treffend nie. Dit nou nadat daar al soveel berig is oor die leiding wat die SABC van sy enigste aandeelhouer kry. Maar dit daar gelaat. Net voor Melanie ons die verstommende onthullinge oor hoe suiwer die prossesse in die ANC is het die party natuurlik ‘n baie skerp verklaring ter veroordeling van die betrokke Rapport berig uigereik. Nou in reaksie het die redakteur van Rapport Waldimar Pelser die ANC gevra om dan net uit te wys wat die probleem met die berig was aangesien die ANC verklaring na geen feite of in die berig of in die algemeen verwys nie. Moenie asem ophou nie Waldimar, dieselfde wat met die groot gebeure rondom eers Ashwin Willemse en toe Eben Etsebeth gebeur het, gaan hier ook gebeur. Niks nie, en ook geen verduideliking hoekom daardie niks gebeur het nie.

Nou kom ons kom by Dirk Hermann. Baie belangrike uitlatings gemaak met betrekking tot dat die regering nie na ons kyk nie en ons dus, veral na die pandemie krisis verby is na mekaar moet kyk en ondersteun. Prysenswaardig Mnr Hermann net iets wat bietjie pla is die ons. Onthou dat enige iemand wat gereeld nuus kyk en lees bepaald onmiddelik sal aanvaar dat dit vir witmense sou wees.

Maar Afri forum  en ook Solidariteit het by vele geleenthede ook gese dat dit veral minderhede is vir wie hulle dan sou veg. Dan moet die ons dan miskien spesifiek gaan oor gedeelde waardes eerder as die aanname dat hier van witmense gepraat word. Daar is niks fout as daar bedoel word dat witmense in die vervolg op mekaar moet staatmaak en ondersteun nie, ek glo dit is ‘n grondwetlike vergunning dat mens self kan besluit wie en wat jy wil ondersteun. Moet asb net nie die ons in die verklaring nie behoorlik omskryf word nie anders raak dit later soos daardie euwel term rassisme wat deur elke Jan Rap en sy maat vertolk word soos hy/sy goed dink omdat daar nie ‘n uitgeklaarde en aanvaarbare begrip is vir wat nou eintlik bedoel word nie. (Die Menseregte Kommisie, wat eintlik duidelikheid rondom die aangeleentheid moet verskaf,  hanteer dit ook soos die gevalle hierbo). NIKS

Ek het doelbewus nie oor Covid 19 tot dusver gepraar nie, juis omdat daar nie eintlik humor is in ‘n pandemie wat mense ernstig siek en selfs dood maak nie.

Maar die hantering daarvan is seker ‘n ander saak.

Ek wil net graag 2 vreemde sake rondom die pandemie uitlig,

Eerstens is dit die eerste keer in mense heugenis dat die gesonde mense n kwarantyn geplaas word. Met alle vorige siektes en uitbrake van vorige wereldwye siektes soos SARS, Mers , Griep ens word die siek person geisoleer en in kwarantyn geplaas. Dus word die persoon weggeneem uit die samelewing uit. Nou is dit anders. Ek bevraagteken nie die strategie nie dit is net ‘n eerste en nogals vreemd.

Tweedens het die medici en wetenskaplikes wat die aanvanklike beramings oor die sterftes wat gaan gebeur dalk die hele ding oordryf. Verstaan my goed ek besef dat dit nodig is dat dokters en ook wetenskaplikes feitlik sonder uitsondering die slegste moontlike benadering sal volg en dit is reg so-eerder veilig speel- maar dit blyk nou dat besluite wel geneem is op oordrewe voorspellings.

Ek het nou die dag ‘n wetenskaplike hoor argumenteer dat sou dieselfde modelle gebruik word vir aard verwarming ons dan nou reeds temperature van by die 800 grade celcius kon verwag het.

Weereens, niemand kon dit sien kom nie en niemand het rerig geweet waarmee ons te doen het nie. Maar juis dit het tot die massiewe klomp komplot teorieë gely.

Politici daarenteen het in baie gevalle ;n reddingsboei gekry. Skielik het hulle wetenskaplike bewyse gehad op grond waarvan besluite geneem kon word. Sommiges het toe verstik geraak in die skielike mag waaroor hulle skielik beskik natuurlik in die belang van die peoples. Toe dit bevraagteken word en dat sou dit nie met die grondwet strook nie word daar duidelik gese dat natuurlik is al die kritici verkeerd-ons tree net in belang van die welstand van mense op. Soort van hoe durf julle in die pad van daardie edele doel staan om dit te verydel. Nou kyk die kritici wil seker he dat die regering moet se “oeps , jammer ons was verkeerd, die bevelsraad is verkeerd. Sal mos nooit dit se nie, Die enigste manier hoe julle dit gaan regkry is deur die howe te nader, So doen dit tog net,

Nou selfs nadat die President (genadiglik net 10 min laat) vir 45 minute NIKS gese het nie is dit nog nie heeltemal seker wat aan die einde van Mei, waar gaan gebeur nie. Gaan sommige van ons terug na vlak 5 in sommige gevalle en na vlak 3 in ander of wat. Die President begin nou al meer soos gesoute staatsman klink-die vermoe om NIKS te se in 45 minute is net goeie politici se forte. Hy het darem soort van gesorg dat daar ‘n lig aan die einde van Mei (Tonnel) is. Nog nie seker of dit dalk trein of iets anders is nie. Deur egter so vaag sonder substansie te praat verseker darem dat hy nie weer deur een van sy ministers gerepudieer gaan word. Intussen wag ek en jy om te hoor of ons darem meer mobiel kan wees. Laat my dink aan die Manfred Mann (natuurlik Suid Afrikaans van oorsprong) liedjie Davey’s on the road again,

Op die gebied van Sport sien ek die Nieu Zeeland se Super spanne begin in Junie hulle nuwe plaaslike kompetisie maar sonder toeskouers. Ek wat baie klurugby in my jong dae gespeel het weet nogals hoe dit voel as daar nie eintlik ‘n magdom mense is wat kyk nie. Julle bederfde proffesionele spelers, dit is rerig nie so sleg nie, dis nou as dit oor die lefde vir die spel gaan en nie die gepaardgaande roem en geld nie.

Australie is ook besig om ‘n soortgelyke plaaslike kompetisie te beplan, maar blykbaar het hulle vergeet om die Western Force in te lig want die se hulle is nog nie genooi om deel te neem nie. Miskien het die nuwe hoof uitvoerende beampte, net vergeet van die dorpie Perth daar in die verre Weste.

Hier by ons begin die gerugte darem loop van ‘n plaaslike kompetisie, miskien is ons politici net nie so planmatig soos die in NZ en Aus nie en kan daar nie veel meer as gerugte wees nie, Maar die eintlike ding waaroor gepraat word is die verstryking van die tydperk waar spelers uit hulle kontrakte kan kom. Nou nog net die Bulls (lees Jake White) , wat nou reeds vir Marcell Van Der Merwe, Arno Botha en Gio Aplon gekontrakteer het bly besig. Ek glo darem dit sal toenemend verander want beide die Cheetahs en die Stormers het ook aankondigings gemaak.

Maar ek hoor die grappie van enige ondersteuner anders as ‘n blou bul ondersteuner (snaaks hoe die haat teen die Bulle dalk een van die mees  samebindende faktore is in S A rugby is) dat hy nou so uisien na rugby dat hy selfs na ’n Bulle game sal kyk. Vir al my rugby vrinne die gewone boeremusiek nommertjie.

Nou in die vlak 4 van inperking mag ons toe darem tussen 6 en 9 in die oggende draf, stap en fietsry. Maar met die dra van ‘n masker verpligtend. Duidelik is die beleidmakers nie rerig mense wat gereeld oefen nie anders sou hulle besef het (in hedendaagse taal) wat die uitdagings is om net asem te haal as hulle ‘n masker dra. Maar nou ja ek se die heeltyd politici beleef die nuwe mag wat hulle in belang van die peoples se welstand gekry het terdee. Mens sal nie die virus tussen 6 en 9 in die oggend kry nie. Hy woel dalk in die nag en moet dan bietjie rus of wat praat ek alles.

Dit is dit vir vandag. Ek het dit verskriklik geniet om te probeer om jou te vermaak. Dit is en bly ‘n voorreg om hierdie program aan te bied en ek hoop jy het dit net so baie soos ek geniet.

 

 


 

 

 

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply