Potgooi Pittige Allegaartjie 2020-05-21

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

L

 

Luister weekliks HIER 

Welkom by NetradioSA wereldwyd beskikbaar by www.netradiosa.co.za  – Dit is fanie met pittige allegaartjie. Die program waar ek bietjie die humor in die politiek , sport en gemeenskaps of sosio maatskaplike werelde bekyk. Ons suid Afrikaners en veral Afrikaners is mos bekend daarvoor dat ons menige ërnstige”situasies ontlont met humor- as’t ware as ‘n ontvlugtings meganisme.

Ek wil net bevestig dat hierdie program heelwat politieke satire bevat en  geen politieke party en/of standpunt ondersteun word nie. enige toevallige standpunte en opmerkings is die aanbieder s’n self en NetradioSA ondersteun of onderskryf sodanige standpunte nie noodwendig nie. NetradioSA behou hulle die reg voor om hulle van enige standpunt/mening/uitspraak ter eniger tyd te distansieer.

Die aangeleentheid wat  tans natuurlik die meeste op sosiale media manifesteer is dan die debat rondom Covid 19 en veral die verslapping en hoe dit gedoen word, van die inperking maatreels. Nou, met uitsondering, is die ondersteuning van die regering se maatreels aldan nie, steeds hoofsaaklik op ras gronde gebaseer. Dit wil al lyk asof, soos ek verlede week geargumenteer het dat ras maar steeds die oorheersende faktor in enige bespreking, veral op sosiale media, is

en bly. Ek haal bietjie iets oor die onderwerp uit my 2016 boek Apartheid tot Reënboognasie: Qou Vadis aan. Onthou die boek is geskryf voor daardie jaar se munisipale verkiesing. Ek haal aan:

Een van die grootste knelpunte in Suid Afrika is Rassime, juis omdat ons uit ‘n verlede kom waar die sosio-ekonomiese struktuur op rassisme gegrond was. Inteendeel was daar ‘n totale stelsel wat in effek van die veronderstelling uit gegaan het dat die “swart ras” op alle vlakke ondergeskik is aan die “wit ras” en “swart” mense”tot “arbeid” vir “wit”belange gereduseer is. Die politieke skikking wat in 1994 volbring is het dan ook ten doel gehad om die ongelykheid aan te spreek. Die wyse waarop dit dan voltrek moet word is juis die probleem wat tans manifesteer. Dit het in wese te doen met wat in werklikheid met die begrip “rassisme” bedoel word.

Rassisme in sy suiwerste vorm is, na my mening, wanneer veralgemening en tipering plaasvind, soos wat beslis die geval was met die Penny Sparrow opmerking. Dus alle “witmense” is “korrup” of alle “swart mense” is “misdadig”. Dit word, veral op sosiale media, totaal misverstaan en is beweerde rasse bevoorregting eintlik die aangeleentheid wat aangespreek word.

Na aanleiding van die vertrekpunt is een van die grootste vorme van rassisme, wat ons tans op veral sosiale media ervaar, die stelling dat “alle witmense rassiste is”. Meerkommerwekkend is egter die uitgangspunt dat swart mense die ideologiese reg op rassisme het en dat “wit”mense derhalwe nie die vermoë en of agtergrond het om enigsins sinvol tot die debat by te dra nie. In die verband word feitlik alle standpunte deur “wit” mense onvoorwaardelik as rassisme afgemaak (dink hier veral aan die Gareth Cliff geval). Dit herinner erg aan die uitsprake van die voormalige regerende Nasionale Party nl dat enige opposissie as “kommunisties” afgemaak is.

Daar kan ook geredeneer word dat die rassisme debat polities gedryf word. Eerstens onderskryf die regerende ANC die “feit” dat alle witmense alles verniet gekry het agv apartheid. Baie selde word erkenning gegee daaraan dat baie harde werk betrokke was om die bevoorregte posisie te gebruik en dat uitstekende infrastruktuur geskep is en dat ook, selfs in daardie bevoorregte posisie, daar geld geleen moes word, dit terugbetaal moes word ens. Wit mense het derhalwe wel die geleenthede bo ander mense gehad, maar die geleenthede moes steeds ontwikkel word en het die eerste wêreld ekonomiese bestel wat geskep is juis as gevolg van die werk, ontstaan. Die Oppenheimers, Ruperts en andere het nie hulle rykdom gekry nie, maar deur baie innoverende en skeppende werk daargestel.

Die nadeel van sodanige politieke indoktrinasie is natuurlik dat dit dan “gebooie” raak en veral die ondersteuners dit dan as absoluut beskou. Dit reflekteer dan ook in die verharding van rasse verhoudings in ons land. Dit word dan nog verder aangedryf deur verskeie rassistiese uitlatings deur wit mense, ook veral op sosiale media. Die politieke uiterstes word dan die norm en die “middelgrond” meerderheid word toenemend na een van die twee pole gedryf. Optredes soos die studentebetogings en gepaardgaande vandalisme versterk net die uiterstes in beide denkwyses. (Hedendaags natuurlik die optrede rondom die Covid 19 pandemie) Dit wil dus lyk asof ons, weens persepsie verharding, al meer en meer na anargie dryf, terwyl die wankelende beleidsopsies van die ANC regering, soos dit tans manifesteer, nie help in die verbetering en regstelling van die tipe verslegting van rasse betrekkinge nie.

Een van die sakeorganisasies wat die regering van kundige raad sou kon voorsien is Sakeliga. Sakeliga het hierdie week ‘n navorsing stuk oor die uitwerking van die pandemie en die regering se hantering daarvan uitgereik Ek haal hier sommige van Sakeliga se nagevorsde data uit.

Besighede wat hul deure sluit en werkers wat in die toue van die werkloses aansluit is besig om die kenmerke van hierdie grendelstaat te word. Dit is ‘n ekonomiese, maatskaplike en humanitêre ramp in wording.

Van die besighede wat aan ‘n onlangse peiling deur Sakeliga deelgeneem het, verwag 19% om binne die volgende maand bankrot te gaan – en 32% in die volgende drie maande. Desnieteenstaande het President Cyril Ramaphosa vanaand sy regering se voorneme herbevestig om die inperking te verleng en die ramptoestand onbepaald voort te sit.

Nogmaals is geen onafhanklik verifieerbare kriteria vir hoe en wanneer die inperking beëindig sal word aan die publiek of sakesektor verstrek nie.

In ‘n latere peiling is die volgende bevind

Meer as 50% van die 706 deelnemers wat in die eerste gedeelte van Mei aan die sakegroep Sakeliga se jongste Covid-19-ondernemingsimpakpeiling deelgeneem het, se ondernemings gaan binne drie maande bankrot wees as die huidige vorm van die inperking voortgaan. Verder verwag meer as agt uit elke 10 van die respondente reusagtige dalings in hulle onderneming se totale verkope (omset). Byna 82% van diegene wat deelgeneem het, verwag dalings van 25% of meer vir 2020. Sowat 48% van respondente sê dat weinig gedoen kan word om die skade te beperk.

Hoewel inperkingsreëls reeds van vlak 5 na vlak 4 verslap is, kan byna vyf uit elke tien besighede steeds nie hulle aktiwiteite hervat nie. Boonop rapporteer omtrent agt uit elke tien deelnemers wat wel tans handel dryf, dat insette tot bedrywighede in Mei baie moeiliker of ietwat moeiliker was om te bekom as wat die geval was voordat die Covid-19-beperkinge ingestel is.

“Die ekonomie is ’n geheel met inmekaar geweefde kettings van diensbaarheid en interafhanklikheid. Soos ons vanuit die staanspoor verwag het, bemoeilik die huidige inperkingsreëls, wat die omstrede permit- en lisensiëringsvoorwaardes insluit, selfs die bedrywighede van die sogenaamde noodsaaklike en ander pas toegelate ondernemings,” sê Gerhard van Onselen, senior ontleder van Sakeliga.

Volgens Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sal die sakegroep binnekort voor die Hooggeregshof verskyn om ’n wye verskeidenheid lisensiëringsvoorwaardes wat deur die loop van die Ramptoestand in ingestel, is tersyde te stel, asook om besighede, organisasies sonder winsoogmerk en werknemers te beskerm teen onregmatige belemmering en inhegtenisneming.

Sakeliga beklemtoon dat die land nie kan bekostig dat besighede wat hulle aktiwiteite begin hervat, verder belemmer word nie. Die resultate van die onlangste peiling onderstreep die dringendheid van die saak.

Nie net het ’n oorwig van die deelnemers aan die peiling ’n akute verswakking in hulle onmiddellike saketoestande teenoor ’n voorafgaande sewe dae aangedui nie, maar meer as ’n derde (36%) van die respondente verwag dat vooruitsigte nie oor die komende 12 maande sal verbeter nie. Dit staan teenoor minder as 22% wat dink dat vooruitsigte oor 12 maande sal verbeter. Daarby word groot onsekerheid oor die toekoms onder die respondente gesien.

Sakeliga het ’n beroep op sakegemeenskappe en die publiek gedoen om hulle mandaat en steun vir die hofsaak te gee op Sakeliga se webtuiste.

Dit is vanselfsprekend genoeg.

 

Nou almal se troetel onderwerp deesdae is die Corona pandemie en gepaardgaande covid 19. Dit gaan nou natuurlik oor hoe en hoe vining die ekonomie weer 0opgestel moet word, soos ook hier deur Sakeliga uitgewys. Dit is natuurlik sonder om te veroorsaak dat die covid 19 almal bespring en die land weer tot stilstand knars. Ek het verlede week gese ek aanvaar dat die medici en verwante wetenskaplikes wel altyd sal fouteer aan die veilige kant en daar is niks daarmee fout nie. Maar nou is daar allerhande nuwe verwikkelinge. Prof Glenda Gray, wat juis dien op die mediese advies raad, wat die regering dan van leiding voorsien, doen die  onvergeeflike, om die regering te kritiseer dat die manier waarop die ekonomiese  verslapping dan plaasvind , volgens mediese terme, nie sin maak nie. Daar is, soos te wagte deur die regering, wat nou reeds heel bewus is van die mag wat hulle deur die pandemie, half onverdiend, bekom het onmiddelik gereageer. Dit word gedoen deur die Direkteur Generaal van Gesondheid Dr Anban Pillay. Hy reik ’n verkaring uit wat die Professor op haar plek sit en verduidelik dat dit nou nie meer ‘n gesondheid aangeleentheid is nie, maar dat die ekonomiese “Cluster” dan nou die besluite dryf. Nou in die lig van die bevraagtekening van die “Bevelsraad” en sy werksaamhede en veral verantwoordbaarheid, wonder mens waar die ekonomiese “cluster” nou inpas. Behoort seker darem ook onder leiding van die oorhoofse bevels raad te funksioneer. Maar dit daar gelaat, Pillay maak toe nog ‘n baie interessante opmerking. Dit is dat die besluite nie op wetenskaplike basis geskied nie, maar wel op “hulle” se oordeel oor wat goed is vir ons die “peoples”. Hy se vervolgens dat dit ‘n nuwe verwikkeling is, dat daar nog geen data beskikbaar is nie en dat die regering ‘n verantwoordelikheid het om te verseker dat dit in belang van die, jip  “reg geraai “die “peoples”is. Ter versagting egter is dit sekerlik waar dat dit nog nooit voorheen gebeur het nie. Maar daar is verskeie sake organisasies wat wel oor die kundigheid beskik om die regering leiding te gee in die verband. Ek vermoed dat die regering eerder na die vakbonde gaan luister en DIT kan natuurlik redelik rampspoedig wees, sou mens die hoek van waar vakbonde die ekonomie bekyk in gedagte hou. Ek wil net byvoeg dat die minister van Gesondheid Dr Zweli Mkhize ook vanoggend gereageer het en Prof Gray ook tereg gewys het. Opvallend was dat hy gese het dat die regering luister na kundiges en beslis nie voorgee dat hulle beter weet  nie. Maar die problem, blyk volgens die ander groepie wat graag skree,die DA, te wees dat die regering nie daardie klomp feite wat hulle oor beskik en waarop besluite geneem word, met enigeiemand deel nie. Soort van, ek luister na jou, ek neem besluite op daardie informasie, maar ek is nie bereid om te se wat dardie informasie of dan feite is.  Jy luister na Netradiosa op www.netradiosa.co.za

Nog iets wat interessant was , was die President se opmerking dat hy in niemand se pad wil staan wat teen hom of die regering wil litigeer nie’. Nou wonder mens maar net wat die “corona oorlogs of dan bevelsraad” daarvan sal dink. Ek hoor juis dat Tim Du Plessis van Media 24 so tong in die kies verwys na die Politburo. Maar terug by ons President. Ek wonder nou of hy nie maar te dankbaar is dat iemand wil litigeer nie. Sedert die hele debakel met die toelating van sigaretverkope en die besluit deur hierdie raad om sy aanvanklike verkaring te herroep, dink ek die President voel bietjie uitgesluit. Miskien dink hy nou- sou enige van die hofsake se uitsprake teen die hele momentum van die bevelsraad gaan, hy wat die President is, dalk’n soos hulle in Ingels se “ ‘n comeback” kan maak. Dalk net weer in beheer van sy regering kom? Of wat praat ek alles. Sommer bietjie niksseggende raad aan die President komende van ‘n nikssegende lid van die publiek “Luister bietjie na die kundiges, veral op die ekonomiese beleid. Netnou sit jy met dieselfde penarie met die ekonomiese “cluster” as met die huidige situasie rondom die “politburo”.

Ek het darem nou gehoor dat President Cyril Ramaphosa gister ‘n vergadering met al die leiers van politieke partye wat in die parlement verteenwoordig is, gehou het. Sal nogals interessant wees om te sien wat daar uitspring. Hou in gedagte dat 2 van die partye nl die Demokraties Alliansie en die Vryheidsfront + besig is met hofgedinge teen die regering en dit juis oor die regering se ontperking van die ekonomie. Ons weet mos almal al vir baie lank dat die President se een sterk vaardigheid juis sy onderhandelings vermoë is. Wag maar in spanning om te sien wat met die hofsake gaan word nadat die vergadering verby is. Miskien is die konsultasie poging juis om die regering se saak met betrekking tot gebrekkige konsultasie eensklaps reg te stel en sodoende die spreekwoordelike mat onder die opposisie partye se hofsake te trek. Mos lankal gese die President moet nie deur sy opponent (beide binne en buite die Anc) onderskat word nie. Ek vermoed daardie aanvaarbare ,welsprekende en gematigde houding in sy uitsprake is dalk bietjie soos die Ingelse spreekwoord se “Wolf in sheep clothing” 1 min

Net vir oulaas oor die terugkeer na meer normale ekonomiese bedrywighede en die vooruitskattings waarop dit geskied. Ek sien ons rugby vriende in Nieu Zeeland is nou weer, met sekere beperkings in ag genome, ten volle ekonomies aktief. Daar was ook geen verdere Covid 19 gevalle vir sowat 3 dae nie (Nou seker al meer- lyk my die goeie nuus word mos maar half afgeskeep). Ek wonder of daar nie iemand soos miskien die Suid Afrikaanse Instituut vir Rasse verhoudinge is wat bietjie kan gaan kyk wat die geprojekteerde getalle van besmetting en sterftesyfer aan die begin van Maart was en wat sou dan die werklike syfers wees en of daar beduidende verskille was. Dan is daar mos data op grond waarvan besluite geneem kan word. Maar ek raai dat dit nie baie goed sal afgaan met die magshebbers nie, dit kan ”die bubble” bietje laat bars.

In die sport segment het dit die hele week net oor die wereld rugbyspeler van die jaar gegaan, nl Pieter Steph Du Toit. Eers sou hy ry, toe sou hy bly, toe ry hy op die nippertjie weer en net toe ons dink dit is nou afgehandel toe hoor ek en jy dat dit dalk nog steeds nie verby is nie. Weereens is die rol van spelers agente ter sprake. Natuurlik verstaan mens dat daar na die belange van die spelers omgesien moet word en glo my die unies (lees geld agter die unies) wil natuurlik so min as moontlik spandeer om meer wins te maak. Maar nou begin ek wonder of die spelers verteenwoordigers en agente nie ook net maar dieselfde ten doel het nie. Ja, natuurlik wil hulle die beste vir die speler he, maar daardie beste gaan natuurlik gepaard met beter kommissie aangesien die bedrag vir die speler dan veel meer is. Nou word daar gese dat die agente nie die speletjie eerlik en met integriteit speel nie. Dit komende van die administrateurs. (Wonder partykeer of hulle enigsins die speletjie speel). So ja, waarskynlik is elkeen in die spel vir sy eie klein sakkie (laat mens nogals aan die politici dink). Maar dalk is die leidende party die speler en ek se dit met inagneming van die soms astronomiese bedrae wat aan spelers betaal word. Maar dit daar gelaat. Die President van die Westelike Provinsie Rugbyunie Zelt Marais, die  een wat toe die opmerking oor agente maak.   Net toevallig is dit nou daardie segment wat daartoe gely het dat daar sodanige geld tekort is dat die tradisieryke Nuweland verkoop moet word om die eens trotse unie van bankrotskap te red. Klink my nogals baie na soortgelyke stories uit die boekie van staats beheerde maatskappye wat ook daarin geslaag het om voormalig winsgewende ondernemings te laat bankrot speel. Is dit nie dalk maar dieselfde reels wat gespeel word nie. Maar dit daar gelaat.

En daar begin sokker en gholf weer. Almal sonder toeskouers. Indrukwekkend, jip dit kan gedoen word. Doele word geskop, voëltjies word aangeteken sonder die gewone “high fives”en drukkies ens. Ek is nog old school en moet erken ek het die nie vreeslik aanvallig gevind as die spelers mekaar so omhels en bespring as punte aangeteken word nie.In ons dae was ‘n ligte klop op die skouer voldoende. Maggies man jy weet mos deur die drie te druk was jy half oulik. Nie nodig om die ding so in te vryf nie. Maar tye verander en ek aanvaar gelate die beskrywing troglidiet, veral ook as dit by die tegnologie kom. Miskien gaan sosiale afstand dalk weer daardie goeie ou dae terugbring en moet die jonger geslag begin doen wat ons 100 jaar gelede gedoen het. Die nuwe normaal dalk. Almal moet aanpas of wat praat ek alles.

Die inperking begin nou sy tol op veral die moeders te eis. Mens hoor heeldag van kinders en(dalk mans ook ) wat hulle mal maak. En dan word alle termes soos hiperaktief, OCD en ander vermeld. Sommiges gebruik darem die 6-9  vergunning in die oggend om van energie ontslae te raak. Maar vir ander, wat dalk net te besig is om kinders (en mans) te versorg en nog so tussen huiswerk en tuiswerk nie eers daardie voorreg kan gebruik nie

Dit was soos gewoonlik heerlik om saam met jou te kuier hier op Netradiosa by www.netradiosa.co.za en ek kan nie glo die uur het so verby gevlieg nie. In Ingels se hulle time flies when youré having fun. Dit is wat ek saam met jou gehad het : Vet pret. Ek is volgende week weer terug ook met Fanie gesels met…… ‘n bekende en interessante persoonlikheid.

 


 

 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply