Potgooi Pittige Allegaartjie 2020 05 28

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

 

 

Luister weekliks HIER 

 

 

Welkomby Netradiosa by  www.netradiosa.co.za  – Dit is fanie met pittige allegaartjie. Die program waar ek bietjie die humor in die politiek , sport en gemeenskaps of sosio maatskaplike werelde bekyk. Ons suid Afrikaners en veral Afrikaners is mos bekend daarvoor dat ons menige “ernstige” situasies ontlont met humor- as’t ware as ‘n ontvlugtings meganisme.

Ek wil net bevestig dat hierdie program heelwat politieke satire bevat en  geen politieke party en/of standpunt ondersteun word nie. enige toevallige standpunte en opmerkings is die aanbieder s’n self en NetradioSA ondersteun of onderskryf sodanige standpunte nie noodwendig nie. NetradioSA behou hulle die reg voor om hulle van enige standpunt/mening/uitspraak ter eniger tyd te distansieer.

Ek begin graag die program met ‘n sogenaamde diep liedjie en aangesien ek vandag met Johan Coetzee van Naledi uigewers in die segment Fanie gesels met…… .

Nou goed dan, tyd vir die sement Fanie gesels met… en vandag het ek die voorreg om met Johan Coetzee van Naledi uitgewers te gesels.

 

Na aanleiding van die geweldig insiggewende onderhoud met Johan en in ag geneem dit wat Naledi uitgewers vir ons as skrywers beteken

Ek is natuurlik self besig met Naledi uitgewers en behoort my boek :Plundering Ontbloot: Operasie Bakarhu binnekort op Amazon.com deur Naledi uitgewers geplaas te word. Sodra die inperkings maatreëls sodanig is dat gedrukte boeke en ook byeenkomste kan plaasvind word ten minste 2 groot boek bekendstellings verwag, hier in die Noordelike Voorstede van Kaapstad en ook by die Pierneef teater in Pretoria. Maar soos jy nou gehoor het by Johan, is daar ook ‘n moontlikheid dat jy my boek, die gedrukte weergawe via sms kan bestel en dat dit dan binne 5 dae by jou huis afgelewer kan word. Nog ‘n uitstekende inisiatief deur Naledi uitgewers. Dus, as jy nie kan wag om die boek, Plundering Ontbloot : Operasie Bakarhu te lees nie kan jy dit reeds gouer kry as by een van bogenoemde bekendstellings. Daar is ook verdere ontwikkelinge waar ek, saam met Naledi Uitgewers beoog om nog ‘n program aan te bied. Die besonderhede word nog finaal onderhandel, maar ek kan nou al se dat dit iets besonders gaan wees, veral as jy ‘n voorliefde het vir lees en meer wil weet van skrywers , digters en boeke en dinge. Ek hou jou op hoogte.

Nou goed terug na die gewone program. Weens die lang en indrukwekkende onderhoud met Johen Coetzee van Naledi Uitgewers gaan ek jou vandag bietjie langer besig hou.

Ek dink gisteraand na die President se aankondiging oor die verlaging van die inperkings na vlak 3, en gepaardgaande behou van die verbod op die verkoop van sigarette,as volg. Kyk almal weet die regering is ten gunste van staatsinmenging by die ekonomie , ‘n  besliste ekonomiese stelsel van sosialisme. Daarmee saam is die kapitalistiese “uitbuiting” aldus die regering , dan juis omtrent die stelsel wat direk van die duiwel kom en in ons landjie dan juis daarop gemik sou wees om die armstes van die armes uit te buit. Voeg dan nog by die euwel “Wit monopolie kapitaal” se bydrae en dit is dan ‘n massiewe riller vir enige Afrika land en spesifiek hier aan die suid punt van Afrika. Maar nou wonder mens oor die verbod op die verkoop van sigarette. Vergeet nou eers van al die gerugte van ‘n sekere minister se familie wat bes moontlik finansiële voordeel trek.

Sou die verbod nie juis die vraag verhoog na sigarette nie. Deur dus die amptelike handel te verbied , natuurlik hoofsaaklik British American Tabaco wat juis deur die gesig van “wit monoploie kapitaal bedryf word. Dus dit waarteen die klompie dan juis so beswaard is. Mense gaan nie nou sommer ophou rook nie, toevallig ook nie die peoples wat dan beskerm moet word nie. Maar die skep van vraag wat aanbod oorskry en beter pryse (lees wins) beteken, is dan eintlik die hoeksteen van die euwel stelsel. Moet mens dan nou dink dat die groepie in die bevelsraad of soos Tim Du Plessis sou se Poliburo” eintlik kapitalisme steun. Daar word dan nou besluite geneem om juis te verseker dat vraag aanbod oorskryf of is die gerugte dalk net korrek en het dit niks met die gesondheid van die “peoples”te doen nie. Snaaks wat die politici kan doen as hulle wil en dink hulle gaan nie uitgevang word nie, of dalk nie omgee of hulle uitgevang word nie of is dit 2 vlieë met een klap, maak mega wins en in die proses dien “wit monopolie kapitaal” ’n slag toe. Ek en jy gaan waarskynlik nooit weet nie, net die resultate ervaar. Toe kom ons gunsteling minister Nkosazana Dhlamini Zuma ook met die volgende juweeltjie na vore na aanleiding van ‘n DA vraag in die virtuele sitting van die Raad van Provinsies. Almal wat die wet oortree sal en moet gearresteer word, waarskynlik gemik op die klompie halstarriges wat “onwettig” in hul motors rook.” Maar, dit is mos ‘n ope geheim dat die huidige voorsieners hoofsaaklik dan die eienaars van die Gold Leaf Tobacco Company waarvan ene Edward Zuma een van die direkteure is en dan ook die Carnilinx maatskappy van Adriano Mazotti, is. Is die verspreiding en verkoop van sigarette nie nou onwettig nie en hoekom is niemand van die maatskappye nog nie gearresteer nie wonder ek dan nou. Seker veel erger oortreding om in jou motor te rook. As jy nou sou se waar jy die sigarette gekoop het, met jou bewys van betaling, gaan die gereg dan teen bogenoemde verskaffers optree? Moet bieg ek hou nie my asem op nie.

Nog ‘n interessante opmerking in die President se toespraak en eintlik ‘n deurlopende kommer van die regering is natuurlik die kommer oor die welsyn van die ouer garde ouer as sestig. Dit is natuurlik verblydend dat die meerderheid van die kabinet en die bevelsraad bereid is om die risiko te neem om steeds vir ons die “peoples”se welstand te bly werk en dan so grootmoedig daardie opoffering te maak. Sho, Minister Nkosazana Dhlamini Zuma is dan al 71, en waar sy eintlik by die huis moet bly offer sy dan maar dit op. Ek sou voorstel dat die klompie nog meer soos die Ingelsman se “goodwill” kan wen sou hulle soos die peoples waaaroor hulle so bekommerd is sou volg en se nou maar ‘n 50 % salaris vermindering aanvaar. Nou hoor ek hoe hulle darem voel dat hulle dan reeds so baie opoffer deur op die risiko ouderdom aan te hou werk. Baie dankie vir dit wat julle bereid is om vir ons die Peoples te doen. Ek verstaan dat as julle, soos ons gewone siele van vlees en bloed by die huis sou bly die bevelsraad uit net 2 of 3 lede bestaan. Nee dit sou nie deug nie, sal net te veel na ‘n diktatorskap klink of wat praat ek alles.

Ek moet darem net gou bietjie rugby ook praat. Ek sien van die Australiese en Nieu zeelandse rugby spelers het gepraat en begin besin oor ‘n superrugby kompetisie net tussen hulle en wat dalk Japanese span en Suid see span ingesluit. Die hoofrede wat hulle dan sou aanvoer is dat dit min of meer by dieselfde tydsone bly. Nou so was daar ook ‘n ruk terug besliste gerugte dat ons super spanne ook eerder ‘n kompetisie wat Europese klubs (ja, ook dieselfde tydsone) kan insluit, ondersteun. Ek wil nie oor die meriete hiervan spekuleer nie, dink wel dat dit die rugby kampioenskap veel meer interessant sou maak want dan is dit skielik jaarliks teen meer onbekende spelers soos tans met die toer na Europa.  Hier is natuurlik ook ander belange soos groot televisie kanale (lees geld) by betrokke. Ek dink dit sal dalk tydjie neem voordat sodanige ingrypende besluite geneem word, Maar wie weet wat die toekoms inhou.

Net met ander sport, die verklaring van amper repudiering van Greame Smith se ondersteuning van Saurav Ganguly as volgende IKR president lyk baie soos Cyril se terugkabbel as daardie ystervrou gepraat het.

Dit was besonders aangenaam om saam met jou te kuier en ek hoop ek kon jou vermaak. Ek het veral die onderhoud met Johan Coetzee besonders geniet en het dit verskriklik interessant en insigewend gevind.

 

 

 

 

 

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply