Rooster Soetmielies

Die beste mielies op die kole !!
1 geel soetmielie per persoon, in halwes gebreek , in bietjie soutwater gekook tot so amper sag botter knoffelhuisies na smaak, gekneus aromat na smaak growwe sout
Draai mielies toe in foelie Blerts met botter, geur met aromat, knoffel kneus huisies en vou foelie mooi toe. Sit aan eenkant van braairooster oor matige kole terwyl jy jou vleisie braai. Draai so nou en dan om
Bedien met ekstra botter en growwesout.
*gebruik braaitang om foelie af te haal, wees versigtig om nie vingers te brand nie, daai foelie is vrek warm ….
geniet !!!
[image: image.png]

Please follow and like us:

Leave a Reply