SAL kry geld maar vlieg nie

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat finansieel beskou word as tegnies bankrot, het weer miljarde Rand vanuit die staatskas ontvang, maar is verbied om sy vlerke te sprei in die lugruim.
Vlugte is volgens ingeligte bronne, verbied tot 30 April, en sal hervat mag word vanaf 1 Mei 2021.
SAL het blykbaar ook ʼn tussentydse Raad van Direkteure wat vir die komende maande in beheer van die redery sal wees.
Die dringende maatreëls wat ingestel is, gooi groot emmers yswater oor die verwagtinge wat bestaan het dat SAL spoedig “verlos” sal wees van die moontlikheid om weg te kom van die Sake Redding span. Die Minister van Openbare Ondernemings het geglo dat SAL nog in Februarie weer los is van die redding span.
Intussen is ʼn skeidingspakket aan talle personeel uitbetaal ten einde die oorbevolking van personeel uit te skakel.
Die Bron: Die Vryburger
[image: image.png]

Please follow and like us:

Leave a Reply