Potgooi-Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-02-16

Potgooi-Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-02-16

Aangebied elke Dinsdag om 11:00(CAT) deur Fanie in samewerking met Naledi

Bundel voorlesing Brisant deur Hein Viljoen

Klik hier om te koop

E-boek R120.00

Luister weer

 

Hierdie bundel is ‘n postmoderne spanningsverhaal in epiese digvorm in die voetspore van moderne tekste soos Awater en The Waste Land.

Dit vertel die verhaal van die verset van ‘n baie gewone man teensy mislukkings en teen die magte wat sy lewe beheer – ‘n verset waarin hy hom gaandeweg laat verlei om ‘n bomplanter te word.Die sentrale temas van liefde, verraad en vergelding worduitgespeel in ‘n ryk intertekstuele verwysingsveld

*****

This anthology is a postmodern suspense story in the form of an epic poem, much like modern texts like Awater and The Waste Land. It tells the story of the resistance of an average man against his failures and the forces that control his life- a resistance in which he allows himself to be seduced into becoming a bomb planter. The central themes of love, deceit and revenge are portrayed in a rich intertextual framework.


 

Naledi se SonskynVrydag-aanbod 27 November 2020

Naledi se SonskynVrydag-aanbod 27 November 2020

Op publieke aanvraag, het Naledi besluit om die SonskynVrydag-aanbod te verleng vanaf 1 tot 26 November 2020

Onverbeterlik!

Kies 5 boeke vir slegs R250.00, posgeld ingesluit.

Waar gaan jy ooit so ‘n aanbod kry? Kry nou jou Kersgeskenke.

Bestel by Naledi, Tertia Swart, 078 648 8616

of e-pos tertiaswart@naledi.online

Terwyl voorraad hou.

Indien een boek uit voorraad raak, sal ons dit vervang met ‘n soortgelyke boek.

Die storie van Racheltjie de Beer – Antoinette Louw. Kinderboek 4 – 7 jr

Parlement van Uile – Johann van der Walt. Digbundel

Dik vir dieet –Mariza van Zyl. Nie Fiksie

Die Dans van God – Abel Pienaar. Spiritueel

Puntemasjien – Christo Meyer. Jeug

Die tweede aanspraak – Koos Grobbelaar. Fiksie

Vital Remains – Amos van der Merwe. Nie Fiksie

Walking with Rekkie – Jacques du Plessis. Nie Fiksie

Die avonture van Lulu Lerulu – Jaco Botha. Jeug

Katrienkie – Cara Blake. Nie Fiksie

Flarde – Marlize Hobbs. Fiksie

Geloof Alleen – Andrè Pretorius. Reisverhaal

 


Plundering Ontbloot deur Fanie Cronje R200

Koop op Amazone klik hier

Fanie Cronje
Plundering Ontbloot is ‘n spanningsroman oor die staatskaping wat die meeste Suid-Afrikaners so die harnas ingejaag het. Die verhaal gee ‘n feitelike weergawe van die slim wyse waarop die intelligensie verkry word om die plunderaars aan die pen te laat ry. Ruan Terblanche, ‘n voormalige agent van die Nasionale Intelligensiediens, span sy kennis in om die booswigte te jag. As navorser by die Instituut vir Navorsing, kan Ruan nie net terugsit terwyl grootskaalse ekonomiese terreur plaasvind nie. Hy spring aan die werk … Die skrywer, Fanie Cronje, deesdae ‘n sakeman en deeltydse omroeper by Netradiosa,was vir vyftien jaar werksaam by die Nasionale Intelligensiediens. Hy gee lewe aan Ruan Terblanche as ‘n kader in die geheime wȇreld van die Intelligensiediens. Hy weet hoe want hy was daar.

koop op Naledi se aanlyn winkel of op Amazone  http://naledi.online/product-category/nuwe-vrystellings/page/4/


 

Het jy ‘n boek geskryf

Het jy ’n boek geskryf?

Naledi het die volgende voorskrifte vir manuskripvoorleggings:

  • Stuur jou manuskrip in Word-formaat wat geset is in ’n maklik leesbare lettertipe soos 12 pt Arial of Times New Roman met dubbelspasiëring.
  • Sluit ’n dekbrief in wat die volgende inligting bevat:
  • Jou kontakbesonderhede
  • ’n Kort opsomming van die inhoud van jou boek: Vertel ons in een bladsy waaroor jou boek gaan.Wat is die sentrale temas, wie is die sentrale karakters. Is jou boek bv. ’n spanningsroman of ’n liefdesverhaal?
  • ’n Kort biografiese opsomming: Vertel ons wie jy is. Het jy enige vorige publikasies agter jou naam?
  • ’n Kort bemarkingsplan: Hoe lyk jou boek se teikengehoor? Het jy enige bemarkingsidees?

Stuur gerus jou manuskrip na naledi@mweb.co.za. Naledi neem gemiddeld 1-2 maande om terugvoer oor manuskripte te gee.

http://naledi.online/winkel/


 

Boek- Sushi with Hitler R200

Sushi with Hitler deur Koos Kombuis 
Sms Sushi na 48423 en Naledi stuur en die boek word afgelewer deur takealot of koop die e-boek aanlyn by Amazone of besoek Naledi se aanlyn winkel by

Sushi with Hitler

R200.00

ISBN: 9781928518396

Joe Kitchen beskryf Sushi with Hitler as ’n “burleske fantasie”. Dit is ’n prettige satire, geskryf in Douglas Adams se styl, wat die spot dryf met alles en nog wat. Die outeur beskryf die boek as “heeltemal irrelevant” en die skoonheid daarvan lê juis in die ontsnapping wat dit bied van alledaagse probleme. Dit bevraagteken die status quo van feitlik alles en geen-een van die samelewing se heilige beeste bly onaangeraak nie. Lesers kan ’n magdom intertekstuele grappe verwag wat alles van klassieke literatuur tot popmusiek betrek.

Wil jy jou woordkuns bemark?

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. reeds gedrukte boeke of eboeke boeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! kontak Corrie vir meer besonderhede corrie.slabbert3 (016) 422 3886 corrie@uni-lab.co.za

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! kontak Cathy by cathy@netradiosa.co.za vir kwotasies

of voltooi die vormie hier onder

Potgooi Woordkunsuurtjie 16 Januarie 2018 – luister weer deur op die skakel te klik HIER

https://archive.org/details/Woordkunsuurtjie16Jan2018

    Naam/Name (Word Vereis/Required)

    E-Posadres/email(Word Vereis/Required)

    Onderwerp/Subject

    Boodskap/Message


     

    Potgooi- Woordkunsuurtjie- Opgedra aan die Woordkuns uit die Pen van Louis Rautenbach 12 Desember 2017

    Aangebied deur Corrie

    Klik HIER om weer te Luister

    https://archive.org/details/Woodkunsuurtjie12Desember2017OpgedraAanDieWoordkunsUitDiePenVanLouisRautenbach

    Bestel die boeke direk op die winkeltjie Klik HIER

     

    1. Oorsprong van Smarte (2013) is in roman styl. ʼn Verhaal met hoofstukke wat strek van Genesis tot Konings, van die skepping tot waar koning Dawid oorlede is en Salomo as koning by hom oorneem. Die boek vertel die ou bekende Bybelse verhale op besonderse wyse met die gepaadgaande emosies vir die karakters. Dit bevat baie lering en baie inligting wat soms misgelees word. Dit beskryf die besonderse lyn waarin alles vloei, en beklemtoon deurlopend die liefde, genade, barmhartigheid en vergifnis van die Here.  Die geboorte van die eerste vrese, die eerste moord, verkragting en gevoelens van wraak en selfvergelding word verhaal. Selfs interaksie met ʼn prostituut, owerspel en vier gevalle van selfdood, asook die genade van die Here selfs teenoor die Farao deur in die tien plae die onvermoë van sy afgode te bewys in ‘n poging om hom tot bekering te roep.

    Op wye aanvraag deur lesers word hierdie boek na Engels vertaal en sal in die tweede helfte van 2017 onder die titel Origin of Sorrows uitgegee word.

    1. Spieëlsplinters (2013) is ʼn roman wat 80% gebaseer op eie ervaringe en word in die eerste persoon geskryf. Dit beskryf die impak van grootmense se besluite op hul kinders. Dit is vol intriges en gee ook bietjie lering oor spesifieke, enkele vraagstukke. Dit speel af in ʼn tyd van 1965 tot 1980 en raak verskeie emosionele ervarings van kindwees aan. Dit vind gedeeltelik plaas in die tyd voor selfone en motor radio’s waar motorritte gebruik is om o.a. familiekonsert te hou. Dit is ʼn goeie oorgangsboek wat by beide die tiener as die volwasse leser aanklank vind.
    1. Soveel Jare (2014) – Die Roman gaan oor die lewe van ʼn aanneem baba wat eers op 30-jarige ouderdom van sy oorsprong uitvind. Die skok daarvan om uit te vind dat hy ʼn aangenome kind is, noop hom om op sy spore terug te loop. Die soeke na sy familie neem hom oor landsgrense heen. Hy reis ver om sy verlore familie op te soek. Die storie neem ‘n aanvang in Duitsland en gaan via London UK na Namibië, Suid Afrika en Swaziland. Dit strek oor 60 jaar en vertel die verhaal oor verskeie geskiedkundige tydlyne en betrek drie families. Hierdie lekkerlees boek bring baie emosies na vore en is plek-plek ‘n tranetrekker vir sensitiewe mense.
    1. My Vriend, My Broer (2015) is ‘n wonderlike, menslike verhaal van Dawid en Jonatan – een ʼn prins van geboorte en die ander ʼn prins aangetroud. Hierdie roman neem die leser op ʼn verbeeldingsreis met emosies veroorsaak deur aanvanklike verwerping, valse beskuldigings, depressie maar ook die oorwinning om tot die grootste leier en politikus van alle tye gekroon te word. Hierdie baie besonderse verhaal bevat baie insig en lering en beskryf die unieke liefde wat ʼn demonstrasie is van die liefde van God vir Sy skepping. Hierdie is ʼn lekker leesboek en bied heerlike ontspanning vir enige leser.
    1. Sy Lewe vir Sy Liggaam (2016) Die roman is gebaseer op die NT Bybelse boek Handelinge en sentreer meestal rondom Paulus se omswerwinge. Jesus gee Sy lewe vir Sy liggaam, die kerk. Dit begin waar Jesus aan die kruis sterf, gaan terug na Ou Testamentiese profesieë en verduidelik die profesieë van Jesus se koms op unieke wyse, waarna dit die vervolging en marteling van Christene beskryf, en uiteindelik die ontbanning van Christendom. Beskrywing van emosies is weereens gebruik om die karakters in die verhaal realisties uit te beeld. Hierdie besonderse, gewilde boek het ʼn baie goeie resensie van teologie doktors Frans en Sariet Nortjé gekry. Hulle beskryf dit o.a. as “ʼn moet om te lees, ʼn meesterstuk.”
    1. Die Bodemlose Kruik (2016) – Die boek neem die storie van Oorsprong van Smarte wat by Konings geëindig het, in roman styl verder vanaf Konings met die kroning van Dawid se seun, Salomo, en neem die leser deur die Ou Testament. Dit beskryf die uitdagings van Ester en Job, en behandel in romanstyl hoofsaaklik die profete en profesieë. Dit bied baie lering en gee baie perspektief op die profesieë en die waarskuwings wat God deur Sy profete aan ons rig.
    1. Skaduwees (2017) Hierdie roman handel oor ʼn kind wat blootgestel word aan die uitdagings van die geesteswêreld, waar emosies uitgelig word en die verskyning van voorbodes, demone, en ander verskynsels beskryf word, en bespreek in die tweede helfte ook die verskyning van engele, voorgevoelens, drome en visioene. Alhoewel die boek plek-plek bangmaker insidente bevat, is die boodskap van hoop en verlossing prominent daarin.
    1. Die Son Kom Op (2017) Roman oor ʼn gesin wat tot die uiterste aan onverdraagsaamheid, liefdeloosheid en verwerping blootgestel word. Hierdie boek met sy aktuaele onderwerp ontlok bemoedigende terugvoer. Dit beloof om wye reaksie uit te lok en word ook in Engels uitgegee. In teenstelling met meeste boeke wat op ‘n hoogtepunt begin en aan die einde van die verhaal op ‘n laagtepunt eindig, begin hierdie boek basies eerder op ‘n laagtepunt met verskeie emosionele uitdagings wat die lewe bied, en eindig in triomf wat die leser met verwondering laat en selfs ‘n heerlike salwing bied.  (In Engels beskikbaar as Dawn has Broken ).

     

    1. Origin of Sorrows (2017) Hierdie is die Engelse weergawe van Oorsprong van Smarte. .

     

    10. Dawn Has Broken (2017)  Hierdie is die Engelse weergawe van Die Son Kom Op.

    11. Liefde Tussen die Sterre – Helfte van eerste druk reeds uitverkoop bekendgestel 12 Desember 2017

    PROLOOG

    Die opdrag het deur die onbeperkte ruimtes geklink: ‘Laat daar lig wees!’ Daarna het baie dinge gebeur.

    Nogtans, met hierdie enkele onderwerp kan ons elkeen ons verbeelding die vrye teuels gee!

    Hierdie Wetenskapsfiksie-liefdesverhaal tussen Egon van Kreta en Riana van Rustenburg, wat tussen die planete ontstaan en op Kreta tot volheid ontvou, bereik wasdom hoog tussen die sterre. Die verhaal neem die leser op ʼn unieke reis deur die onbekende, uitgestrekte ruimtes waar die verborgene onbelemmerd lê en wag om elke leser wat hierdie besonderse liefdesreis meemaak, mee te voer.

    Ek wou altyd graag dink dat ons die enigste lewende wesens op die eensame planeet in die uitgestrekte, onbeperkte ruimtes moet wees, en het redeneer dat ons dit in die Woord sou lees indien dit anders was.

    Nadat my eng denke hieroor deur Corrie Slabbert se radioprogram ‘Tussen die sterre’  geprikkel is en sy my entoesiasme met verskeie vrae aangewakker het, was ek kort voor lank geïnspireer om ʼn vakgebied, astrologie, wetenskap en die hemelruim, iets waarin ek nooit voorheen soveel in regtig  belang gestel het nie, te ondersoek. Tot my verbasing was ek baie vinnig oorweldig deur die wonderwêreld van die buitenste ruimte nadat ek navorsing daaroor begin doen het.

    Hiermee saam het die ou liefdesverhaal van die reeds vergete vrou wat deur Egon na sy verafgeleë planeet ontvoer is, in sy eie storie in hierdie boek ontvou.

    Hierdie verhaal beloof om die leser op ʼn ongekende avontuur wat oor miljoene kilometers strek, te neem en ʼn wonderwêreld van liefde en van ʼn besonderse sprokieswêreld tot anderkant die sterre, wat tot dusver nog net deur die Hubble teleskoop se reise bereik kon word, te neem.

    Geniet hierdie unieke, verruklike reis van Egon en sy geliefde Riana saam met die skrywer.

    Hierdie boek is ʼn ‘moet lees’ vir elke boekwurm, oud en jonk.


     

    Voorlesing van Boeke op CD gesny

    Kontak Cathy Louw vir ‘n kwotasie om jou boek voor te lees en op (Audio) CD te sny dit is die ideale geskenk vir iemand wat sig-gestrem is

    Kontak Cathy by : 0813853911 (whatsapp alleen) of cathy@netradiosa.co.za

      Naam/Name (Word Vereis/Required)

      E-Posadres/email(Word Vereis/Required)

      Onderwerp/Subject

      Boodskap/Message

       


       

      Vertalings van Boeke/Manuskripte/Artikels

      Indien jy vertalings het wat gedoen moet word Afrikaans na Engels of Engels na Afrikaans kontak my gerus vir ‘n kwotasie.

      Corrie 016 422 3886 of 083 4609848

      skype corrie.slabbert3

      of voltooi die onderstaande vorm

        Naam/Name (Word Vereis/Required)

        E-Posadres/email(Word Vereis/Required)

        Onderwerp/Subject

        Boodskap/Message


         

         

        RSS
        Follow by Email
        Select your currency
        ZAR South African rand
        × click to chat with us on whatsApp