Resensie deur Theo De Jager op Fanie Cronje se boek Plundering Ontbloot

Resensie deur Theo De Jager op Fanie Cronje se boek Plundering Ontbloot

nou te koop by Naledi Uitgewers en e boek op Amazon
Die boek Plundering Ontbloot, Operasie Bakarhu, kan nou ook bestel word by Naledi vir aflewering deur Takealot, teen R1-50 by sms 48423.
Sms bloot “Plundering” na 48423. Die prys is R200 plus Dan die R1-50 vir die sms
Naledi boekwinkel klik hier
Die eboek formaat is by Amazon beskikbaar teen R140 klik hier

Plundering ontbloot

Deur Fanie Cronje

“Nobody ever leaves the KGB!” het die Russiese boef in die klassieke spioenasiefilm From Russia with love vir James Bond gesê.
Vir diegene wat n deel van hulle lewe aan daardie professie gewy het in die Suid-Afrikaanse konteks, is die waarheid die teenoorgestelde. Dis die Nasionale Intelligensiediens wat jou nooit los nie. Dit gaan oor herinneringe, kameraadskap, interaksie met vlymskerp denkers en kampioen strateë; van die mees bekwame mense in ons geslag.
Dit was ‘n tyd van bosoorlog, noodtoestande en totale aanslag, en in die veiligheidsmasjinerie van die 1970’ – 1980’s en vroeë 1990’s het die insameling van inligting die rol gespeel van gom tussen besluitnemers, beleidmakers, implementeerders en die veiligheidsapparatus van die Ou Suid-Afrika.
Buiten vir die nou en dan se saam kuier en die herinneringe aan gemeenskaplike ou vriende, is een van die dinge wat byna al die lede van die eertydse Nasionale Intelligensiediens in gemeen het, dat hulle nie by ‘n boek oor spioenasie kan verbyloop, of ‘n spioenasiefliek kan mis nie. Ekself het al ‘n honderd of meer sulke boeke gelees. Maar een van die mees treffende is ongetwyfeld die onlangse Afrikaanse spioenasieverhaal Plundering ontbloot, van Fanie Cronje.
Ek kan nie my vinger lê op presies wat my so geboei het nie. Miskien was dit omdat hy ‘n wêreld skep wat nie so vêr van die regte een is nie. Die tegnieke en gebruike wat hy daar neerpen is presies soos wat ek dit onthou uit ons opleiding en ons missies. Dalk is dit omdat ‘n mens nie anders kan as om n gesig en ‘n naam agter sy karakters te sit nie. Fanie beskryf mense, professionele intelligensie-operateurs en navorsers soos wat ons hulle geken het, net by ‘n ander naam. Hy boor selfs tot in die onmisbare administratiewe funksies wat die maak-of-breek van ’n goeie intelligensiediens is.
Miskien is dit omdat hierdie wêreld wat hy skets, net so neffens die een waarin ons leef, vir die eerste keer op bekende plekke afspeel. Dis nie New York, Rome, Berlyn of Moskou nie, maar Pretoria, ja daar in Menlyn Winkelsentrum, in ’n koffiewinkel waar ons almal gereeld kuier. Mens ruik ‘n staatsdiensgebou se verbeeldinglose gange en trappe as ‘n karakter ’n senior amptenaar gaan sien.
En dit is nie asof die verhaal een of ander nostalgiese terug grype is na ‘n tyd toe Suid-Afrika se intelligensiediens nog onder die bestes in die wêreld getel het nie. Dit speel af in die etos van vandag. Dit gaan oor ’n gekaapte staatsdiens wat deurtrek is van korrupsie en nepotisme, en waarin ’n morele pilaar in die instandhouding van die grondwet haar op ‘n netwerk van oud-kollegas beroep wat nou sakemanne en afgetredenes is, om hulle vaardighede en ervaring aan te wend om in ‘n allerweë onvriendelike omgewing die inligting in te samel om plunderaars aan die pen te laat ry en die waarheid bloot te lê.
Fanie kry dit reg om ‘n leser te boei in ‘n baie realistiese verhaal van waarneming en agtervolging, insameling, verifikasie en verwerking van inligting tot ‘n verfynde intelligensieproduk op grond waarvan die land se leiers ’n geweegde hoë risiko besluit kan neem. Hoewel dit niks wegneem van die opwinding en aksie nie, bring Fanie die werklikheid van spioenasie huis toe in ’n vorm wat vir gesoute operateurs in die bedryf verteerbaar is.
Hy was daar en het dit gedoen. Hy skryf daaroor soos hy praat; in ’n saaklike informele styl, van tierlanteintjies gestroop en bondig. Dis lekkerlees op sy beste. Dis ’n moet vir almal wat weet en almal wat nog altyd gewonder het hoe die regte lewe van ’n intelligensie-amptenaar in Suid-Afrika is. Die boek is meer as leesgenot. Dit bied ’n unieke versnyding van werklikheid en fiksie, oud en nuut, verbeelding in die ruimte van die moontlike en bekende, en bowenal ’n waardevolle toevoeging tot Afrikaanse spioenasielitteratuur.
-Theo de Jager

Potgooi Pittige Allegaartjie deur Fanie 2020-07-09

Potgooi Pittige Allegaartjie deur Fanie 2020-07-09

Goeiemiddag .Welkom by Netradiosa wereldwyd beskikbaar by www,netradiosa.co. za. Dit is fanie met Pittige Allegaartjie,

Nou hierdie is die program waar ek bietjie die humor in die politiek , sport en gemeenskaps of sosio maatskaplike werelde bekyk. Ons suid Afrikaners en veral Afrikaners is mos bekend daarvoor dat ons menige “ernstige” situasies ontlont met humor- as’t ware as ‘n ontvlugtings meganisme.

Ek wil net bevestig dat hierdie program heelwat onsinnige politieke kommentaar bestrooi met satire bevat en  geen politieke party en/of standpunt ondersteun word nie. enige toevallige standpunte en opmerkings is die aanbieder s’n self en NetradioSA ondersteun of onderskryf sodanige standpunte nie noodwendig nie. NetradioSA behou hulle die reg voor om hulle van enige standpunt/mening/uitspraak ter eniger tyd te distansieer.

Dit is vir my ‘n besonderse voorreg om ‘n onderhoud met my goeie vriend en Kollega en my mede aanbieder van die program Sake Benadering op Woensdae om 12hoo. Ek en Hennie het reeds gister die eerste aanbieding gedoen en dit was ‘n absolute fees.

Sjoe wat ‘n plesier om saam met so ‘n kundige te werk.

Nou ek lees hiertdie week die volgende stuk van Flip Buys van Solidariteit raak en ek haal aan: Die ANC se meesterverhaal weerklink daagliks in skole, die media, in wette en in politieke toesprake. Dit behels dat Afrikaners swart mense uit rassisme met ‘n kriminele beleid verdruk het. Die ANC het egter na ‘n lang stryd uiteindelik oorwin en ewe vergewensgesind ‘n demokratiese bedeling met vryheid en gelykheid vir almal gevestig. Dit word eensydig voorgehou as ‘n stryd tussen goed en kwaad, waar die helde na groot opofferings gelukkig die skurke oorwin het, sodat almal lank en gelukkig saam kan lewe.

Die grootmoedige oorwinnaars sit nou met die groot taak om die gevolge van die verlede ongedaan te maak. Boonop sukkel hulle nou met hardnekkige rassiste wat nie hulle misdade wil erken nie en steeds wil vasklou aan die voorregte van die verlede.

Nou hier is hele paar versteekte waarhede wat Flip hier kwytraak. Ek wil graag byvoeg. Eerstens word daar die heeltyd gese dat witmense nie verstaan en bowenal wil verstaan hoe swartmense die Apartheids jare ervaar het nie. Ek aanvaar dit heeltemal en pleit self skuldig daaraan. MAAR dan sal swartmense en ook die wat die uitsprake tot die waarheid verhef het moet besef dat hulle ook nie in witmense se skoene kan klim en namens hulle praat nie. Die probleem met die oorwinnaars was juis dat sonder die goedgesindheid van witmense in die onderhandeling sou daar geen oorwinning gewees het nie. Die arrogansie kom van die heersende narratief dat ek is reg en jy is verkeerd, Nou die reg om reg te wees word gekoppel aan die feit dat jy die meerderheid verteenwoordig en nie aan die waarde van argumente nie. Snaaks genoeg is presies die teenoorgestelde in Europa en die V S A besig om te gebeur. Dit wil se die meerderheid wat die Trump en die Johnson’s ondersteun is dan die wat “verkeerd” is, so hier is waardes dus belangriker as die meerderheidstem. Dit is beslis ingewikkeld maar die interessante in ons landjie is natuurlik dat die wat hier hoog opgee op die waardes aldaar gebruik hier die meerderheid beginsel, Dit geld dan veral die media. Hulle moet dit egter nie waag om die meerderheid . wat natuurlik reg is, te bevraag teken nie dan word hulle darem vinnig die vyand en sg wit monopolie kapitaal se pionne.

Ek borduur graag voort op die tema ook in aansluiting by my nou reeds bekende standpunt oor die feit dat daar geen omskryfing/definiering van die term rassisme is nie, Daar is beslis ook ander sodanige terminologie wat half maar net kan beteken enigeiets soos deur die eye of the beholder gestel D ie heersende politieke “narratief” of die waarheid soos bepaal deur die huidge bepalers van die “waarheid” kom dan in spel. Soos die terminologie Rassisme is daar ook radikale ekonomiese transformasie”. Ek twyfel of Tito Mboweni en Julius Malema dieselfde bedoel as hulle die slagspreuk uiter. Na my mening gee dit aanleiding tot my eie ontwerpte terminologie “vaagisme”. Ek kan nogals dink dat die ANC, met die pogings om al sy verskillende faksies tevrede te stel uiters verlig is rondom sulke “vaagisme” Dit kan net beteken wat die persoon wat luister graag wil hoor. Ek vermoed in elk geval dat alle politici dit kan gebruik. Dink maar net die EFF se weergawe van Onteiening sonder vergoeding vis –a – vis die ANC se Mboweni faksie  wat waarskynlik 2 totale menings het.

Nou kan jy natuurlik Afriforum se vertolking ingooi wat weer heeltemal iets anders beteken.  Ek dink ek en jy vermoed dit bestaan al lankal maar dit voel net vir my of daar nou meer politici is wat hierby baat kan vind. Ek gaan gou paar terme ingooi wat dan deel is van “vaagisme”. Onthou nou ek is oningelig en weens my gebrek aan insig verteenwoordig ek heel waarskynlik die “swaap op straat”.

Sjoe, wil die ATKV my nie dalk kontak vir my innoverende nuwe woorde nie. Nou goed dit is “Wit Monopolie kapitaal” (onthou jy nog die klomp ingelse wat die een ontwerp het vir ander vriende die “Zuptas”nie) rassisme, radikale ekonomiese transformasie, transformasie, ekonomiese herstrukturering, strukturele verandering in die ekonomie en so kan ek aangaan.   Die regering kan en wil die vaagheid nie verander nie want dit pas hulle. Die opposisiepartye kan ook nie want hulle het nie eintlik alternatiewe nie, dus laat dit vir my en jou met hierdie vaagisme,

Nog ‘n interessantheid wat ek die week op twitter raak lees is ‘n opmerking deur die geagte minister van Finansies Tito Mboweni na aanleiding van ‘n twiet deur Magnus Heystek. Magnus se hy besef mens kan nie net die ekonomie in ‘n vakuum beoordeel nie, maar moet ook die politieke en maatskaplike situasie in ag neem. Die agbare Mboweni sien die geleentheid en reageer onmiddelik deur te se juis daaroor behoort ons peoples die politiese besluite en beleidmakers te laat vir die wat dit kan doen, of iets tot die effek.

Eerstens aan vriend Magnus, dit is vier my snaaks dat jy, as gerespekteerde in die ekonomiese omgewing dit nou eers besef. Maar vir agbare Mboweni, ai Tito jy weet so goed soos ek dat daar geen kwalifikasies benodig word om die politiek te betree nie. So, om dan in ‘n veld waar geen noemenswaardige kundigheid benodig word nie, as gerespekteer en waardeer te word moet mens jouself seker eers bewys. Minister ek en die ander peoples weet dat jy redelik onsuksesvol probeer om gerespekteer te raak. Maar om kundiges op ander spesialiteits velde te probeer wys op jou eie belangrikheid, gaan dalk net daardie pogings tot gerespekteerdheid in die niet laat verdwyn. Ek noem graag jou kollegas se reaksie in die parlement aan , toe die ekonomiese herstruktureing bespreek is (Geleen by Waldimar Pelser op kyknet verslag se program) , Die privaat sektor kan nie die ekonomiese herstel lei nie want hulle is net op wins ingestel. Dit is so maar diesulkes word deur die amorfe mark beperk, Daarteenoor is die ANC politici en hul kader ontplooide makkers ook slegs op wins ingestel. Dit word natuurlik glad nie deur enigeiets beperk nie. Slegs skoon wins in jou eie persoonlike sakkie. Omdat dit dan weggesteek word is dit nog moeiliker om te weet wat die omvang daarvan is. Ons het kommissies soos die Zondo kommissie, teen groot koste vir die belastingbetaler aangestel om die aangeleentheid aan te spreek, en dan vra jy Mnr Mboweni dat ons die maak van beleid aan diesulkes moet oorlaat. Hoekom sou mens dit wou doen? Dit het seker weereens te doen met die “feit”dat die meerderheid implisiet reg is?

Nou die ANC parlementslede wis toe blykbaar ook nie van die ondergang van staatsondernemings nie. Ek en jy praat nou van die Eskom. SAL, SAUK, Prasa, Denel, Landbank,  en nog andere wat almal eens selfonderhoudende entiteite was, maar in die afgelope 26 jaar op julle wag, gereduseer is tot sukkelende bankrot entiteite. Dit is nou die klompie magsbeheptes wat die peoples mislei deur te se daar word in hulle belang opgetree. Mnr Mboweni en jy wil he ons moet glo dat die skep van beleid aan julle kundiges oorgelaat moet word. Mens kan nog vele voorbeelde, soos die wanbestuur deur Munisipaliteite soos uitgewys deur die Ouditeur Generaal. Dit is soos om jou geld te bele in in ‘n maatskappy wat reeds miljarde verloor en op die punt van bamkrotskap staan. Een of ander tyd gaan die peoples die mislukkings begin opweeg teen die euforie van bevryding. Die heer Waldimar Pelser se juis gisteraand dat die enigste teenkanting teen die heraanstelling van die aandadiges aan die VBS plundering op munisipale vlak was die vrees dat die ANC dalk steun kan verloor voor volgende jaar se munisipale verkiesings. Dit Mnr Mboweni is eintlik dan voor die handliggend hoekom die beleidmaker NIE met die toekoms van die ekonomie vertrou kan word nie. Ek glo nog steeds dat die regering wel die infra struktuur geleide ekonomiese bestel moet inisieer, maar nie op die staat se terme nie. Ons sal dan dalk net oor die afgrond stort. Ek wil nou juis hier by Flip Buys aansluit deur te se (maar die sakelui van alle kleiure en geure insluit) dat die regering vir ondersteuning by Witmense vra, maar dan nie sodaniges (en weereens-ek sluit sakelui in) nie diesulkes wil vra om gesamentlik die oplossings en na te volg nie. He;p my asseblief, maar ek sal jou se hoe! Dit kom natuurlik alles van die feit dat die meerderheid reg is.

Maar net om jou bietjie te laat dink loop ek ook die volgende interessante opmerking op twitter raak :

Blacks say black life matter

Whites say all lives matter

Whites say farm murders are a problem

Blacks say all murders are a problem’

EN dit is die kruks van die saak in ons landjie. Ons sal moet ‘n manier kry om mekaar te leer verstaan en te besef wat werklik belangrik is vir ander sonder om dadelik te veroordeel. Daar sal moet begrip en ruimte en veral respek vir mekaar se menings en dit wat naby aan ander se harte is ook aangespreek behoort te word.

Wat die ekonomie betref het Sakeliga ook die volgende kwyt geraak en ek haal aan:

Sakeliga beveel sterk aan dat sakelui en ander lede van die publiek behoorlike regsadvies vir hul unieke situasies bekom alvorens hulle gapings of onwettighede in die grendelstaatregulasies probeer konfronteer.

“Niemand behoort ‘n regmatige regulasie te verbreek nie. Die realiteit is dat die onduidelikhede in die regulasies, hofuitsprake, teenstrydige ministeriële uitsprake en ekonomiese nood mense dwing tot optrede waarin hul regsposisie onduidelik is, of waarmee hulle selfs probeer om die regulasies direk te konfronteer. Sakeliga beklemtoon egter: kry behoorlike regsadvies alvorens jy die grendelstaatregulasies probeer uitdaag of voordelig interpreteer, sodat jy die risiko’s van jou optrede vir jou persoon, personeel en klante en kliënte begryp.”

Dit is goeie raad. En mens moet hierby noem dat van die regulasies toenemend oortree word veral op persoonlike vlak. En dit is hoekom die meet en greet vir getekende kopieë van my boek “Plundering Ontbloot-Operasie Bakarhu” Saterdag vanaf 12h00 tot 14h00 juis aan die regulasies moet voldoen. Sit asb jou masker aan. Ons gaan nie saamdrom nie. Jy betaal, kry jou getekende boek en as jy wil gaan drink ‘n koffie by die Mugg & Bean in Durbanville. Daar is bv Cuppachino en ‘n reuse Muffin beskikbaar vir R50. M&B het ook goedgunstiglik 3 koop bewyse geskenk wat ek in 3 van die boeke gaan plaas en as jy die regte een kry “Voilla” .

Soos voorheen gese ek wil nie graag oor die Covid 19 pandemie praat nie. Daar is immers geen humor in die pandemie nie. Maar ek lees tog die volgende op sosiale media raak wat mens laat dink. Volgens die baie onbetroubare medium is die Gauteng regering besig om te beplan vir omtrent so 2 derdes meer sterftes in Gauteng as wat in die hele wereld was. Dus Gauteng berei voor vir 1 en ‘n half miljoen grafte en wereldwyd het daar sowat 500-000 mense gesterf. Nou weet ek nie rêrig watter model die Gauteng regering gebruik om by die syfer uit te kom nie. Dalk het die daarstel van die aantal grafte niks met Covid te doen nie. Maar gegewe die regerende party se begeertes in die verlede, soos ek ook vroeër genoem het, kan hulle dalk dink dit kan polities gebruik word. Dit wil se ons het soveel voorbereiding gedoen en was so suksesvol dat ons net se nou maar helfte van die grafte nodig gehad het. Dit wat ek hier se is natuurlik heeltemal uit my duim gesuig. Maar kan ons dit dalk enigsins dink?

Ek kon en wou nog baie se maar weereens het die tyd my ingehaal. Dit was heerlik om saam met jou te kuier. As jy in Kaapstad en spesifiek die noordelike voorstede van Kaapstad woon, Kom kry my boek “Plundering Ontbloot” teen R200 by die Mugg en Bean in Durbanville. Dit is in die Palm Grove Sentrum in Durban straat in Durbanville sentraal.

Bly asseblief ingeskakel by Netradiosa by www.netradiosa.ca.za en luister na al die goeie musiek wat ons vir jou speel. Sien jou volgende week selle plek, selle tyd.

Potgooi Pittige Allegaartjie deur Fanie 2020-06-25

 

Luister weekliks HIER

 

Welkom by NetradioSA wereldwyd beskikbaar by www.netradiosa.co.za  – Dit is fanie met pittige allegaartjie. Die program waar ek bietjie die humor in die politiek , sport en gemeenskaps of sosio maatskaplike werelde bekyk. Ons suid Afrikaners en veral Afrikaners is mos bekend daarvoor dat ons menige “ernstige” situasies ontlont met humor- as’t ware as ‘n ontvlugtings meganisme.

Ek wil net bevestig dat hierdie program heelwat onsinnige politieke kommentaar bestrooi met satire bevat en  geen politieke party en/of standpunt ondersteun word nie. enige toevallige standpunte en opmerkings is die aanbieder s’n self en NetradioSA ondersteun of onderskryf sodanige standpunte nie noodwendig nie. NetradioSA behou hulle die reg voor om hulle van enige standpunt/mening/uitspraak ter eniger tyd te distansieer.

In die segment Fanie gesels met gesels ek vandag met Jandri Duvenhage, Die Hoof Operasionele beampte van die RSA Groep, wat verkope en bemarking van vars produkte direk vanaf die plaas doen en dan natuurlik sorg vir uiterste gemoedsrus vir ons boere aangesien hulle kan konsentreer op dit waarmee hulle vaardig is nl om te produseer.

Ek moet bieg ek het hierdie onderhoud saam met jou baie geniet en beslis heelwat  geleer van die nis in die mark nl die voltooing van die waardeketting namens die boere.

Ek het ook later in die program opwindende nuus oor “n SAAI inisiatief wat deur Netradiosa en myself gedryf word ten behoefte van die boere wat swaarkry in ons land en dan veral daardie familie boere soos deur SAAI verteenwoordig. Bly ingeskakel. Ons het jou hulp bitter nodig.

MAAR

Ek haal graag die volgende wysheid wat ek die week op facebook raak gelees het aan:

According to a 19th-century legend, the Truth and the Lie meet one day. The Lie says to the Truth: “It’s a marvelous day today”! The Truth looks up to the skies and sighs, for the day was really beautiful. They spend a lot of time together, ultimately arriving beside a well. The Lie tells the Truth: “The water is very nice, let’s take a bath together!” The Truth, once again suspicious, tests the water and discovers that it indeed is very nice. They undress and start bathing.

Suddenly, the Lie comes out of the water, puts on the clothes of the Truth, and runs away. The furious Truth comes out of the well and runs everywhere to find the Lie and to get her clothes back. The World, seeing the Truth naked, turns its gaze away, with contempt and rage.

The Truth returns to the well and disappears forever, hiding therein, its shame. Since then, the Lie travels around the world, dressed as the Truth, satisfying the needs of society, because, the World, in any case, harbors no wish at all to meet the naked Truth.

~ “The Truth coming out of the well” Jean-Léon Gérôme, 1896.

Dalk vandag nog geldig. Ek het al by ‘n paar geleenthede verwys na die “narratief”wat geskep word en dan verabsoluteer word, totdat dit dan as die waarheid aanvaar word. Enige verskille daarvan word dan afgemaak as onwaar, onlogies en ook in Suid Afrika konteks as rassisme of terug verlang na “Apartheid”. Ek wonder maar net of daardie geskepte waarheid nie dan eintlik dieselfde is nie nl verlang na ‘n wereld wat nie rerig bestaan nie.  Dit is natuurlik internasionaal ook so.

Terug by die waarheid of die persepsie van die waarheid waarna ek hierbo verwys het. Die geskepte waarheid is ook internasionaal bevestig en het partye soos President Donald Trump, Boris Johnson en andere die persepsie bevraagteken. Natuurlik kan die hewige reaksie in die media juis hieraan toegeskryf word, want die partye ontken dan hierdie geskepte waarheid. Wonder nou of die hele uit die verband gerukte George Floyd geval nie veel meer hiermee te doen het nie.

Die ekonomie post Covid 19 is steeds die groot debat. In die Parlement se die President tydens die virtuele vrae tyd onder andere dat “witmense” moet saamwerk om ‘n inklusiewe post Covid 19 ekonomie daar te stel. Hy sluit ook die grondkwessie daarby in. Maar op ‘n vraag van Pieter Groenewald van van die Vryheidsfront + reageer hy dat die beleid van swart ekonomiese bemagtiging en dan ook gepaardgaande regstellende aksie beslis bly. So half beskuldigend wys die President dan “witmense” tereg aangesien  hulle dan nou ook hulle kant moet bring en dat swartmense dan nou al lank wag om deel te word van die ekonomie.

Mnr die President ek dink, en jammer oor my onkunde, ek mis iets.

Maar voor ek daarby kom moet ek net ‘n twiet van Herman Mashaba ook hier ingooi.

Hy reageer op ‘n opmerking van Jesse Duarte, sy is natuurlik Ace Magashule se adjunk en beslis in dieselfde kraal.  Mashaba reageer op haar skrywe wat se dat die ekonomie steeds in die hande van daardie is wat dit beheer het voor Apartheid. Mashaba antwoord dan en ek haal aan : Let us really be honest with ourselves. Who has been running this government for 26 years.  Your focus has been looting the public purse not serving society. Don’t insult us.

Nou ek kan min of meer dieselfde vir die geagte President Cyril Ramaphosa se. Agbare President sou diskriminasie voortduur waar daar deur wetgewing gepoog word om witmense uit die ekonomie ste skuif, hoekom sou witmense dan aandadig wees daaraan net omdat u vra. En dan, wat het u party/regering die afgelope 26 jaar gedoen om die ekonomie sodanig te groei dat hierdie tipe uitsprake nie meer nodig sou wees nie.

Mnr die President, daar is nie enige eerbare witmens in Suid Afrika wat nie ten diepste hoop dat die ekonomie so inklusief raak dat almal, swart wit en bruin kan deel in die voorspoed van die ekonomie nie.  As u my oningeligte en onkundige mening wou he sou ek u verseker dat witmense meer as bereid is om die ekonomie te bou en te ontwikkel sodat almal kan deel in die voorspoed. Maar dit wil vir my as ‘n swaap op straat voorkom asof u beplanning gaan om net te neem sonder dat daar iets in reaksie gegee word. Dit klink darem bietjie na “ek hou van jou goed, kom ek vat dit. Bietjie na ‘n boelie op skool ne. Die verskil hier is lyk my die ou by wie gevat word moet sy dank uitspreek dat hy dit kon afstaan. Maar Mnr die President as jou party/regering ook pogings aangewend het on mense se lot te verbeter was dit dalk baie makliker vir sakelui om te  deel en aktief te help. Of wat praat ek alles.

Ek sien dat Minister Nathi Mhtetwa toe weer gal braak oor die feit dat Krieket SA nie genoeg getransformeer het nie. Ek het half vermoed dit gaan gebeur, want dit lyk net of die nuwe span van Smith en Faul redelik suksesvol is. Dit sal dalk nie inskakel by die narratief van transformasie nie, En natuurlik is daar heelwat spelers/administrateurs van kleur wat baie bekwaam is. Maar proffesionele sport word gemeet teen sukses so elke sport kode moet verseker dat hulle internasionaal kompeterend is. En daarvoor is die regte mense nodig. Maar ek vermoed die narratief van transformasie(dalk nog ‘n term wat maar behoorlik omskryf kan word, sodat almal net op dieselfde bladsy is))  wat President Ramaphosa rig ook hier die oorheersende een is, Kom ons koop/forseer sukses binne ons eie beleid. Ek is jammer Mnr die President, die feit dat jy suksesvol as sakeman is beteken nie dat dit geldig is vir die land nie. Jou sukses weet mens het gekom op die rug van swart bemagtiging, so ek neem aan jy meen dan moet dus orals suksesvol wees. Selfs al sou die sg wit monopolie kapitaal alles oordra gaan daar nog steeds massiewe en dalk meer, ekonomiese knelpunte wees wat moet aangespreek word. En ai Mnr die President met die rekord van u party en regering se skepping van ekonomiese geleenthede en volhoubaarheid (ek vermoed u verwar dit met transformasie?) is ek bevrees Zimbabwe mag dalk soos die paradys lyk.

Maar ook agbare Groenewald het nie die geleentheid gebruik om die regte vrae te vra tydens die President se antwoord sessie nie. So ook nie agbare Steenhuisen nie. Ek vermoed die klompie is so besig om net te reageer op die regering se beleid dat daar nie veel konstruktief uitkom nie. Die akademici is ook maar stil en die ouens wat eintlik die regering moet aanvat, die burgerlike samelewing is so besig om in hul eie ideologieë te verval dat daar nie na die breë prentjie gekyk word nie. Die naaste aan konstruktief is juis die heer Herman Mashaba. Hy kyk darem met breër oë na die probleem. Kan daar nie meer van sy soort wees wat ook die realistiese gematigde standpunte kan bevorder nie. Daar het ons net vir ander reeds besmette organisasies soos Afriforum en die VF+ van wie  alles, hoe logies ookal, as rassisme afgemaak word. Dit is natuurlik tesame met die peresepsie dat diesulkes eerder eksklusief as inklusief is, dus net ‘n sekere segment/belamge  verteenwoordig. Hoewel dit die aard van die politiek is het partye soos die ANC wel daarin geslaag om die persepsie’waarheid te vestig dat hulle dan nou kwansuis inklusief sou wees. Daar is dus iets nuut nodig wat balans kan gee aan die huidige diskoers en bowenal relevant kan wees. Ek wil dit graag vergelyk met die rugby. Die stryd tussen die Blou bulle en die Wp. Dit gaan lankal nie meer oor die rugby van die onderskeie partye nie, maar oor die persepsie van die ondersteuners van die onderskeie spanne. Ek haat die  blou bulle omdat hulle ondersteuners dan kwansuis so en so sou wees.  Dit wil se dit wat na my oningeligte mening een van die groot probleem (ook met iets soos rassisme is) nl tipering.  Miskien, om weg te kom van die alewige tipering, ‘n soort van republikeinse inisiatief wat objektief na die situasie kan kyk en beredeneerd die gematigde standpunt kan stel. (Dit is soos hierbo uitgespel dalk die enigste standpunt wat totaal ontbreek in die breër diskoers in Suid Afrika). En dit moet om die President se woorde te gebruik inklusief wees en eerder  rondom gedeelde gematigde waardes gaan. Waar kry ons diesulkes, staan asb op. Daar moet tog sekerlik ‘n beter manier wees oom die gedeelde spasie effektief sonder konflik te hanteer. Al die inisiatiewe wat nou gebeur is gebaseer op die reënboognasie idee. Ek vermoed dit is reeds bewys as oneffektief in pogings om ‘n suksesvolle verenigde Suid Afrika met ‘n gesonde ekonomie daar te stel en een waarin elke Suid Afrikaner gemaklik voel. Hierdie ideaal om ‘n ander platform en oplossing te skep gebaseer op gematigde waardes is my droom, ek neem aan onrealisties, maar ek mag mos droom.

Iets wat wel deur hierdie tipe van inisiatief uitgewys kan word is die betrokkenheid van China. Dit word geraam dat China omtrent inklim in Afrika. Hulle hulp, hoofsaaklik in die vorm van lenings beloop sowat 155 biljoen Dollar teenoor die sg kolonialiste die VSA se sowat 55 Biljoen Dollar. Interessant genoeg het die Chinese omtrent Zimbabwe gekoop, maar steeds kom die ekonomie daar nie reg nie. Miskien moet die wat so reikhalsend uitsien na die toekomstige Suid Afrika wat met China se hulp tot stand sal kom, net die voorbeeld van Zimbabwe in gedagte hou. Hoekom sal enige iemand wat dit kan waarneem steeds reken dit kan beter wees as iets anders? Ek vermoed dit het heelwat te doen met die klein sakkie van die politici wat op die korttermyn massiewe persoonlike finansiële voordeel sien in die invloed. Die Afrika persepsie is juis dat alle Westerse invloed en hulp of sleg is of vanaf ‘n slegte plek nl om te onderdruk kom, dus kolonialisties. Vir daardie klompie net se, hou maar die Chinese inmenging dop, daar is geen goeie bedoelinge met die hulpverlening nie en julle word ‘n rat voor die oë gedraai. Miskien besef China juis hierdie politici se behoefte aan self verryking en speel hulle juis daardie kaart van die doel heilig die middele?

Maar nou wil ek kom by die opwindende nuus oor die inisiatief tussen Netradiosa en die SAAI familie boer inisiatief. Dr Theo de Jager van SAAI het in die onderhoud wat ek met hom gehad het verwys na veral die familieboere wat binnekort gaan swaar trek na aanleiding van al die gebeure rondom Covid 19. Ek en Theo het toe besluit om ‘n insamelingsveldtog te inisieer, Die sal hoofsaaklik wees rondom spesifieke knelpunte wat deur SAAI geidentifiseer sal word.

Nou die 1ste sodanige knelpunt is die lot van 95 boere in die Steytlerville omgewing. Hulle soek veral na goedkoop mielies vir voer van hulle skape.

Nou die hele projek en fondse sal deur SAAI geadministreer word deur hulle eie nie winsgewende maatskappy. Jy kan indien dit oor jou hart kom en jy kan ‘n bydrae lewer ‘n sms na 44982.

Hiermee tesame gaan ek ook ‘n nuwe program : Landbouradio tot landbouman op Woensdag oggend 06h00 aanbied in samewerking met SAAI. Dit gaan heerlike gesels wees en darem ook bietjie musiek. Die program sal ook gepotgooi word en heel moontlik ook by wyse van herhalings later in die week aangebied word. Ek hou jou hier op hoogte wanneer die projek afskop.

Ek herhaal net gou die sms nommer 44982

As jy so passievol oor ons boere is soos ek sal jy beslis jou bes probeer om die bedreigde spesie te help net waar jy kan. Ek maak staat op jou ondersteuning. Ons moet help.

Volgende week gaan ek jou meer nuus bring oor my boek Plundering Ontbloot: Operasie Bakarhu. In hierdie boek, ek noem dit graag ‘n spieonasie drama gebaseer op werklike intelligensie metodes en beslis nie daal na die vlak van James Bond fiksie nie, vind daar sekere intelligensie operasies (fiktief natuurlik) plaas teen die agtergrond van die ondersoek na staatskaping). Ek vertel jou volgende week meer.

Maar nou moet ek groet. Baie dankie dat jy saam met my geluister het. Ek het dit baie geniet veral ook die waardevolle insette gelewer deur vriend Jandri Duvenhage met betrekking tot die RSA groep se bydrae tot die waardeketting. Bly gerus ingeskakel by Netradiosa beskikbaar by www.netradiosa.co.za,  Sien jou volgende week selle tyd, selle plek. .

Potgooi Pittige Allegaartjie 2020 05 28

 

 

Luister weekliks HIER 

 

 

Welkomby Netradiosa by  www.netradiosa.co.za  – Dit is fanie met pittige allegaartjie. Die program waar ek bietjie die humor in die politiek , sport en gemeenskaps of sosio maatskaplike werelde bekyk. Ons suid Afrikaners en veral Afrikaners is mos bekend daarvoor dat ons menige “ernstige” situasies ontlont met humor- as’t ware as ‘n ontvlugtings meganisme.

Ek wil net bevestig dat hierdie program heelwat politieke satire bevat en  geen politieke party en/of standpunt ondersteun word nie. enige toevallige standpunte en opmerkings is die aanbieder s’n self en NetradioSA ondersteun of onderskryf sodanige standpunte nie noodwendig nie. NetradioSA behou hulle die reg voor om hulle van enige standpunt/mening/uitspraak ter eniger tyd te distansieer.

Ek begin graag die program met ‘n sogenaamde diep liedjie en aangesien ek vandag met Johan Coetzee van Naledi uigewers in die segment Fanie gesels met…… .

Nou goed dan, tyd vir die sement Fanie gesels met… en vandag het ek die voorreg om met Johan Coetzee van Naledi uitgewers te gesels.

 

Na aanleiding van die geweldig insiggewende onderhoud met Johan en in ag geneem dit wat Naledi uitgewers vir ons as skrywers beteken

Ek is natuurlik self besig met Naledi uitgewers en behoort my boek :Plundering Ontbloot: Operasie Bakarhu binnekort op Amazon.com deur Naledi uitgewers geplaas te word. Sodra die inperkings maatreëls sodanig is dat gedrukte boeke en ook byeenkomste kan plaasvind word ten minste 2 groot boek bekendstellings verwag, hier in die Noordelike Voorstede van Kaapstad en ook by die Pierneef teater in Pretoria. Maar soos jy nou gehoor het by Johan, is daar ook ‘n moontlikheid dat jy my boek, die gedrukte weergawe via sms kan bestel en dat dit dan binne 5 dae by jou huis afgelewer kan word. Nog ‘n uitstekende inisiatief deur Naledi uitgewers. Dus, as jy nie kan wag om die boek, Plundering Ontbloot : Operasie Bakarhu te lees nie kan jy dit reeds gouer kry as by een van bogenoemde bekendstellings. Daar is ook verdere ontwikkelinge waar ek, saam met Naledi Uitgewers beoog om nog ‘n program aan te bied. Die besonderhede word nog finaal onderhandel, maar ek kan nou al se dat dit iets besonders gaan wees, veral as jy ‘n voorliefde het vir lees en meer wil weet van skrywers , digters en boeke en dinge. Ek hou jou op hoogte.

Nou goed terug na die gewone program. Weens die lang en indrukwekkende onderhoud met Johen Coetzee van Naledi Uitgewers gaan ek jou vandag bietjie langer besig hou.

Ek dink gisteraand na die President se aankondiging oor die verlaging van die inperkings na vlak 3, en gepaardgaande behou van die verbod op die verkoop van sigarette,as volg. Kyk almal weet die regering is ten gunste van staatsinmenging by die ekonomie , ‘n  besliste ekonomiese stelsel van sosialisme. Daarmee saam is die kapitalistiese “uitbuiting” aldus die regering , dan juis omtrent die stelsel wat direk van die duiwel kom en in ons landjie dan juis daarop gemik sou wees om die armstes van die armes uit te buit. Voeg dan nog by die euwel “Wit monopolie kapitaal” se bydrae en dit is dan ‘n massiewe riller vir enige Afrika land en spesifiek hier aan die suid punt van Afrika. Maar nou wonder mens oor die verbod op die verkoop van sigarette. Vergeet nou eers van al die gerugte van ‘n sekere minister se familie wat bes moontlik finansiële voordeel trek.

Sou die verbod nie juis die vraag verhoog na sigarette nie. Deur dus die amptelike handel te verbied , natuurlik hoofsaaklik British American Tabaco wat juis deur die gesig van “wit monoploie kapitaal bedryf word. Dus dit waarteen die klompie dan juis so beswaard is. Mense gaan nie nou sommer ophou rook nie, toevallig ook nie die peoples wat dan beskerm moet word nie. Maar die skep van vraag wat aanbod oorskry en beter pryse (lees wins) beteken, is dan eintlik die hoeksteen van die euwel stelsel. Moet mens dan nou dink dat die groepie in die bevelsraad of soos Tim Du Plessis sou se Poliburo” eintlik kapitalisme steun. Daar word dan nou besluite geneem om juis te verseker dat vraag aanbod oorskryf of is die gerugte dalk net korrek en het dit niks met die gesondheid van die “peoples”te doen nie. Snaaks wat die politici kan doen as hulle wil en dink hulle gaan nie uitgevang word nie, of dalk nie omgee of hulle uitgevang word nie of is dit 2 vlieë met een klap, maak mega wins en in die proses dien “wit monopolie kapitaal” ’n slag toe. Ek en jy gaan waarskynlik nooit weet nie, net die resultate ervaar. Toe kom ons gunsteling minister Nkosazana Dhlamini Zuma ook met die volgende juweeltjie na vore na aanleiding van ‘n DA vraag in die virtuele sitting van die Raad van Provinsies. Almal wat die wet oortree sal en moet gearresteer word, waarskynlik gemik op die klompie halstarriges wat “onwettig” in hul motors rook.” Maar, dit is mos ‘n ope geheim dat die huidige voorsieners hoofsaaklik dan die eienaars van die Gold Leaf Tobacco Company waarvan ene Edward Zuma een van die direkteure is en dan ook die Carnilinx maatskappy van Adriano Mazotti, is. Is die verspreiding en verkoop van sigarette nie nou onwettig nie en hoekom is niemand van die maatskappye nog nie gearresteer nie wonder ek dan nou. Seker veel erger oortreding om in jou motor te rook. As jy nou sou se waar jy die sigarette gekoop het, met jou bewys van betaling, gaan die gereg dan teen bogenoemde verskaffers optree? Moet bieg ek hou nie my asem op nie.

Nog ‘n interessante opmerking in die President se toespraak en eintlik ‘n deurlopende kommer van die regering is natuurlik die kommer oor die welsyn van die ouer garde ouer as sestig. Dit is natuurlik verblydend dat die meerderheid van die kabinet en die bevelsraad bereid is om die risiko te neem om steeds vir ons die “peoples”se welstand te bly werk en dan so grootmoedig daardie opoffering te maak. Sho, Minister Nkosazana Dhlamini Zuma is dan al 71, en waar sy eintlik by die huis moet bly offer sy dan maar dit op. Ek sou voorstel dat die klompie nog meer soos die Ingelsman se “goodwill” kan wen sou hulle soos die peoples waaaroor hulle so bekommerd is sou volg en se nou maar ‘n 50 % salaris vermindering aanvaar. Nou hoor ek hoe hulle darem voel dat hulle dan reeds so baie opoffer deur op die risiko ouderdom aan te hou werk. Baie dankie vir dit wat julle bereid is om vir ons die Peoples te doen. Ek verstaan dat as julle, soos ons gewone siele van vlees en bloed by die huis sou bly die bevelsraad uit net 2 of 3 lede bestaan. Nee dit sou nie deug nie, sal net te veel na ‘n diktatorskap klink of wat praat ek alles.

Ek moet darem net gou bietjie rugby ook praat. Ek sien van die Australiese en Nieu zeelandse rugby spelers het gepraat en begin besin oor ‘n superrugby kompetisie net tussen hulle en wat dalk Japanese span en Suid see span ingesluit. Die hoofrede wat hulle dan sou aanvoer is dat dit min of meer by dieselfde tydsone bly. Nou so was daar ook ‘n ruk terug besliste gerugte dat ons super spanne ook eerder ‘n kompetisie wat Europese klubs (ja, ook dieselfde tydsone) kan insluit, ondersteun. Ek wil nie oor die meriete hiervan spekuleer nie, dink wel dat dit die rugby kampioenskap veel meer interessant sou maak want dan is dit skielik jaarliks teen meer onbekende spelers soos tans met die toer na Europa.  Hier is natuurlik ook ander belange soos groot televisie kanale (lees geld) by betrokke. Ek dink dit sal dalk tydjie neem voordat sodanige ingrypende besluite geneem word, Maar wie weet wat die toekoms inhou.

Net met ander sport, die verklaring van amper repudiering van Greame Smith se ondersteuning van Saurav Ganguly as volgende IKR president lyk baie soos Cyril se terugkabbel as daardie ystervrou gepraat het.

Dit was besonders aangenaam om saam met jou te kuier en ek hoop ek kon jou vermaak. Ek het veral die onderhoud met Johan Coetzee besonders geniet en het dit verskriklik interessant en insigewend gevind.