Wat Beteken die Finale “Lockdown” t.o.v die Coronavirus

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Wat Beteken die Finale “Lockdown” t.o.v die Coronavirus

Opsomming gemaak deur Die Burger:

“Jy sal tot ses maande tronkstraf gevonnis word, of ‘n boete sal opgelê word, of beide tronkstraf én ‘n boete sal opgelê word as jy die regulasies verbreek. Twee mense is reeds gearresteer en van poging tot moord aangekla omdat hulle nie gehoor wil gee aan die streng regulasies nie.

Die staatsdrukkers is tans besig om regulasies in Staatskoerant te druk. Die regulasies sal  tussen Donderdag 26 Maart om 00:00 en 16 April om 00:00 geldig wees. Die staat van inperking mag verleng word, indien die staat dit nodig ag.

 

Vir die volgende 21 dae mag jy nie:

  • Jou huis of erf verlaat nie, mits jy ‘n noodsaaklike diens moet verrig of bekom, ‘n maatskaplike toelaag moet gaan haal, of in ‘n mediese noodsituasie beland (‘n ongevalle-pasiënt) of chroniese mediese behandeling moet gaan kry.
  • Saamtrekke word verbied. Daar word voorsiening gemaak vir begrafnisse met ‘n maksimum van 50 besoekers. Nagwake word verbied.
  • Niemand mag tussen provinsies beweeg nie.
  • Niemand mag tussen stede of munisipale streke beweeg nie.
  • Alle besighede sal hul deure sluit, tensy hulle ingesluit word in die lys van noodsaaklike dienste.

Die volgende plekke sal toe wees, volgens Bheki Cele, minister van polisie:

  1. Enige plek of perseel waar kerk, kulterele, sport, vermaak, ontspanning of soortgelyke aktiwiteite plaasvind.
  2. Enige plek wat nie-noodsaaklike goedere verkry kan word, sowel as parke, strande, vlooimarkte, basaars, casino, hotels, gastehuise.
  3. Private en openbare wildparke, vakansieoorde, drankplekke soos tavernes, sjebiens en shishanyamas.
  4. Drankwinkels en dele van supermarkte wat drank verkoop
  5. Rolprentteaters, winkelsentrums, taxistaanplekke, bus- en treinstasies.
  6. Restaurante
  • Winkels wat noodsaaklike goedere verkoop word verbied om enige ander goedere te verkoop.
  • Spazawinkels sal toegelaat word om sake te doen.
  • Jy mag nie met jou hond gaan stap nie, al sê vorige gerugte wát.
  • Die aankoop en gebruik van alkohol word verbied.

Toetse vir Covid-19

Geen bevestigde of moontlike gevalle van Covid-19 mag weier om getoets te word, of weier om in kwarantyn of isolasie opgeneem te word nie. Positiewe gevalle mag ook nie weier om behandeling te ontvang nie.

Indien jy sou weier, sal jy vir 48 uur in die nodige, veilige fasiliteite ingedwing word, hangende ‘n lasbrief vir jou inhegtenisneming.

Misdaad:

  • Die polisie gaan eenhede vermeerder wat optree teen geweld teen vroue en kinders. Slagoffers kan die polisie skakel by 0800 150 150. Bel 10111 vir misdaadgevalle.

Grensposte en dienste deur binnelandse sake:

  • Alle grensposte (en hawens) is gesluit en net goedere sal deur sommige grensposte toegelaat word. Buitelanders wat die land aangekom het net voor die inperking, sal tot ‘n tydelike vesting beperk word en mag aan kwarantynprosesse onderwerp word.
  • Dr. Aaron Motsoaledi het gesê binnelandse sake gaan net tydelike Identiteitsdokumente in die 21 dae uitrig. Daar sal aansoeke vir nuwe ID’s gedoen word nie en geen paspoorte, nuwe geboortesertifikate, huweliksertifikate (oud of nuut) sal uitgereik word in die 21 dae nie. Daar sal net vervangings-geboortesertifikate daartydens uitgereik word.
  • Binnelandse sake sal wel doodsertifikate uitreik.

Vervoer

  • Alle pendelvoervoerdienste word gestaak, met die uitsondering van busse, taxi’s, vervoerdienste soos Uber en private motors om noodsaaklike dienste te lewer, of noodsaaklike dinge te doen, soos kos koop of mediese behandeling te bekom. Openbare vervoer mag nie meer as 50% van hul gelisensieerde kapasiteit vervoer nie. As ‘n taxi dus 14 mense kan vervoer, mag hy nou net 7 vervoer.

 

Fikile Mbalula, minister van vervoer het gesê geen openbare vervoer mag tussen 09:00 en 16:00 beweeg nie.

  • Alle internasionale vlugte word gestop. Net noodsaaklike goedere sal toegelaat word. Goedere uit hoe-risikolande moet ontsmet word.
  • Plesierbote word ook by hawens verban. Noodsaaklike vrag sal by hawens ontvang word.
  • Minibustaxis: Daardie wat gefinansier word deur Sifa, sal ‘n drie maande paaiement-vakansie kry. Banke oorweeg soortgelyke stappe. Taxis sal net noodsaaklike dienste se personeel kan vervoer. Tye: van 05:00 tot 09:00 en smiddae van 16:00 tot 20:00. Voorsorgmaatreels teen virus moet in elke rit getref word. Die regering sal help waar moontlik.
  • Metertaxis en Uber- en ander dienste sal toegelaat word om noodsaaklike dienste se personeel te vervoer. Sal ook van 05:00 tot 09:00 en weer van 16:00 tot 20:00 dienste kan lewer. Voertuie moet ook ontsmet word. Voertuig wat vier mense kan vervoer, kan ook net met een passasier ry. Ontsmettingsmiddels in alle taxis moet 60% alkoholbasis hê.
  • Busse sal ook net mense kan vervoer wat noodsaaklike dienste verrig, “soos Eskom-werkers of diegene wat na die hospitaal gaan”. Alle oorgrens-beweging word verbied vir mense. Goedere kan wel nog van buurlande in en uitgevoer word. Alle sentrums vir bestuurslisensies sal gesluit word. As dit in die periode verval, sal dit was geld beskou word tot daarna.
  • As jou bestuurslisensie tydens die inperking verval, sal dit steeds geldig wees.
  • Waar mense ‘n noodsaaklike diens moet lewer, maar nie toegang tot vervoer het nie, moet die werkgewer vir die vervoer sorg, op voorwaarde dat die voertuie nie meer as 50% van hul gelisensieerde kapasiteit mag vervoer nie.
  • Die departement van vervoer sal direktiewe uitreik vir mense wat noodsaaaklike goedere wil bekom en nie toegang tot private vervoer het nie.

Sakevergoeding

  • Geen persoon sal vir enige skade of verliese vergoed word wat ontstaan weens ‘n “ter goedertrou-optrede” (bona fide) deur enige wetstoepasser nie. As ‘n polisiebeampte byvoorbeeld jou kar ondersoek sonder om kwaadwillig jou goed te beskadig, mag jy hom nie dagvaar sou daar skade wees nie.”

 

Be the first to comment

Leave a Reply