Wat Nou 2019-07-06

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

WAT NOU: 6-12 Julie 2019

Goeie more! Wham se Wake me up before you go go se vir jou dis tyd vir Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsakktiwiteite te beplan en ek is William Munnik. Nog `n week is verby met al sy probleme en oplossings wat daarmee saamgegaan het. Jy het slegte tye en goeie tye beleef en gehuil en gelag en nou is dit Saterdagoggend en jy wil vergeet van jou probleme en die suksesse vier. So die vraag is Wat Nou? En dis presies hoekom ek hier is om jou te help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. So gaan maak ontbyt en trek jou Dagboek en pen nader en kom kuier saam met my. Terwyl jy dit doen, gaan ek vir jou vir DJ Snake en Selena Gomez met Taki Taki en Mariah Carrey met Obsessed en Basshunter met Russia Privjet speel.

Dit was DJ Snake en Selena Gomez met Taki Taki en Mariah Carrey met Obsessed en Basshunter met Russia Privjet  en ek is William met Wat Nou waar ek jou help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan

weer

Dis nou tyd vir die motorfiets en motorsportgeesdrifftiges om nader te skuif .

 

 

BIKERS RALLY’S

Adventure Academy Sabie Road riding adventure

Wanneer:  5 Julie – 7 Julie

Waar:         Sabie

Mpumalanga

Kostes:       R2995

Jy gaan ingesluit by die rit n gevorderde motorfietsry kursus kry.

 

Bush Pig Kei Mouth

Wanneer:  5 Julie – 7 Julie

Waar:         Bush Pig Kei Mouth

Oos-Londen

Kostes:       R180

Massa rit tot by die Kei Mouth Motorcycle museum. Dit behoort interessant te wees. Daar is ook plek om tent op te slaan en skoon ablusiegeriewe.

Dragon Fly Rally 2019

Wanneer:  5 Julie – 7 Julie

Waar:         Malkopan

Lambertsbaai

Kostes:       R180

Daar gaan musiek ,speletjies, concourse, mej Dragonfly en biker stalletjies wees. Daar is ook baie lekker kampeerplekke.

Scorpio Rally 2018

Wanneer:  5 -7 Julie

Waar:         Scorpio bar

Rustenburg

Kostes:       R100

Daar is kampeerplekke, swembad, pryse om te wen, speletjies, burnouts en kontantkroeg wees.

Suzuki Weekend 2019

Wanneer:  5 – 7 Julie

Waar:         Hotel Numbi en Garden Suites

Mpumalanga

Kostes:       R795 pps R3180 per paartjie vir die naweek en sluit bed en ontbyt en aandete en al die aktiwiteite in. Alle motorfietsmake is welkom.

SABIE ROAD RIDING ADVENTURE

Plek:  Triumph motorcycle

h/v South&Darfieds str

Eastgate ext. 13

Sandton

Wanneer:  5-7 Julie

Kostes:  R2995 per persoon sluit akkomodasie en etes en ontbyt in

Kom geniet dit saam met Andy Biram vir ‘n lekker avontuurlustige naweek weg.   Rit deur Mpumalanga en vol   vermaak.

 

1000 BIKE SHOW 2019

Plek:  Germiston sports klub

Vimmy Ridge straat, Delville

Germiston

Wanneer: 6-7 Julie

Kostes:  R80 per persoon sluit bade in

Kinders onder 12 gratis

 

Kom geniet die geleentheid.  Lekker outydse motorfietse tot die hedendaagse.  Daar is ‘n lekker prys te wen  SYM 200.  Lekker musiek, bier tuin, goeie kos en nog vele meer

BIRTHDAY BASH

Plek:  Snakepit

Kuilsrivier

Wanneer:  6 Julie  Heeldag

Kostes:  R60 sluit badge in

Kom geniet die verjaarsdag.  Lekker DJ, kos en pryse

ROLBALDAG 2019

Plek:  Klub huis

Ventersburg

Vrystaat

Wanneer:  6 Julie heeldag

Kostes:  R50 vir ingang + R50 vir ete

Kom geniet ‘n dag saam met jou vriende.  Dit is als ten bate van die Rolbalklub en outehuis.

WANTED MCC TOILET RUN 2019

Plek:  GRT Karavaan park

Graaff REinet

Oos kaap

Wanneer:  6 Julie Heeldag

Kostes:  R80 per persoon sluit metal badge in as ook braai pak

Kom geniet dit die bymekaar kom punt is by GEM garage half tien vir tien uur.  Lekker massiewe rit tot die eindpunt .  Ons nooi alle motorfietsryers om ons te help om hierdie fondsinsameling ‘n reuse sukses te maak.  Hulle behoefe is toiletware en ongegeurde produkte.

 

CENTURIONS BONFIRE AND SHERRY FESTIVAL 2019

Plek:  Centurions MC Vaal

Shakespeare str.

1911 Vanderbijlpark, Gauteng

Wanneer:  6 Julie van 10 uur tot laat

Kostes:  R60 per persoon

Kom geniet ‘n lekker familie dag.  Goeie memories wat u kan maak.  Lewendige musiek en vele meer.

 

WILD BULLS WINDHOEK

Plek:  Vintage

Windhoek

Wanneer:  6 Julie van 10:00

Kostes: Gratis

Kom geniet dit.  Lekker musiek, groot pryse, potjiekos kompitisie en ‘n lekker rit.

 

I.G POOL CHAMPIONSHIP

Plek:  Pilgrims Pub & Grill

Boksburg

Wannneer:  6 Julie vanaf 4 uur die middag

Kostes:  R20 per persoon

Kom geniet dit.  Oos rand Chapter teen Boksburg chapter.  Lekker gratis Kerrie en rys.  Lekker pool kompitisie.

 

HORIZON ANIMAL RUN 2019

Plek:  Centurions MC klubhuis

Cecil Oldridge

Vanderbijlpark

Wanneer:  7 Julie heeldag

Kostes:  R60 per persooon

Kom help die wat nie julle self kan help nie.  Lekker musiek, kos en drankies

 

WORSHIP SAAM ASHERI

Plek:  Wesrand bikers Church

Wanneer:  7 Julie van 7:30

Lekker prys en eer saam met Asheri gevolg deur woord wat diep in die hart sal vestig

 

 

Sjoe dis `n besige motorfietsweek wat voorle. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Leo Marichiolli met Closer van die Chainsmokers en Wrecking Ball van Miley Cyrus en Lemoene van Bok van Blerk .

Dit was Leo Marichiolli met Closer van die Chainsmokers en Wrecking Ball van Miley Cyrus en Lemoene van Bok van Blerk en ek is William met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dis nou die beurt van die sportgeesdriftiges.

 

 

 

FIETSRY

SONDELA MTB CHALLENGE

Plek:  Sondela natuur reservaat

Limpopo

Wanneer:   6-7 Julie vanaf 6uur die oggend tot kwart voor 8

Saterdag 20km R145

40km R195

Sondag 60km R225

 

 

 

KRIEKET

6 Julie India teen Sri Lanka om 11:30

Australia teen Suid Afika om 14:30

INDEPENNDENCE DAY POWER SERIES

Plek:  Killarney gardens

Wanneer:  6 Julie vanaf 9 uur tot 6 uur die aand

Kostes:  R80 per persoon, kinders onder 16 R20   en onder 12 gratis

Kom geniet die 2de helfte van vermaak deur karre en bikes by killernay.  Lekker dag vir familie en vriende en baie pret

 

 

Dit is dan die sport. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Amanda van Steve Hofmeyer en Demi-Lee Moore.

Dit was Amanda van Steve Hofmeyer en Demi-Lee Moore ek is William Munnik met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dis nou die tyd  om oor te gaan na die meer gekunstelde gedeelte van die program waar jy die groot punte by vroulief en die kinders verdien.

 

 

JACKSON HALL

Plek:  Jackson Hall Grandwest

Kaapstad

Wanneer:  1 Junie tot 31  Aug. 2019

Kostes:  Gratis

Kom begin die naweek reg.  Elke Vrydag en Saterdag vanaf 21:00 uur die aand kan jy en jou metgesel, meisie of vriende na lekker musiek kom luister.  Daar gaan lekker populere musiek wees asook jazz,  iets vir alma

 

CANAL WALK’S THE LITTLE MERMAID IN ASSOCIATION WITH TOYS R US

 

Plek:  Canal walk

Wanneer:  15 Junie – 7 July gesluit om maandae

Vertonings sal om 11am, 12:30pm en 14:00 wees

Kostes:  R100 per persoon kry kaartjies by computiket

Kom geniet dit ‘n lekker manier om jou kinders besig te hou die vakansie

CAR & BIKE SHOW

Plek:  Buren Hoerskool

26 Poole straat, Ysterplaat

Kaapstad

Wanneer:  6 Julie vanaf 9uur tot 5 uur

Kom geniet ‘n lekker familie dag met pret.   Lekker bike vermaak, stalletjies, speletjies en nog vele meer.

 

BOKKOM SKIL EN EET KOMPETISIE

Plek:    Velddrif toeriste

Wanneer:  6 Julie van 13:30 tot 14:30

Kostes:  R20 per inskrywing

Bring net jou eie mes saam.  Lekker pryse te wen

JAN BLOHM

Plek:  Jamrock teater

Brackenfell

Wanneer:  6 Julie vanaf 20:00 tot 23:00

Kostes:  R160 per persooon

Kom geniet die musiek.

 

 

 

Op daardie noot is dit tyd om te groet. Ek speel uit met Coldplay se Hymn for the weekend

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply