WAT NOU 2020-05-16

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Skakel om te luister:

Link to listen:

Goeie more! Coldplay se Adventure of a lifetime se vir jou dis tyd vir Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsakktiwiteite te beplan en ek is William Munnik. Nog `n week is verby met al sy probleme en oplossings wat daarmee saamgegaan het. Jy het slegte tye en goeie tye beleef en gehuil en gelag en nou is dit Saterdagoggend en jy wil vergeet van jou probleme en die suksesse vier. So die vraag is Wat Nou? En dis presies hoekom ek hier is om jou te help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Fase 4 van die lockdown in Suid-Afrika is nou aan die gang en ons oorleef net-net. Getroude paartjies het weer bande gesnoer of kan nie wag dat die lockdown verby is nie sodat hulle die egskeidings kan aanhangig maak. Kinders het by nou al hulle ouers die mure uit gedryf en die ouers het nuwe respek vir onderwysers wie dag na dag met hulle engeltjies moet saamleef in die klasse. Die President het Fase 4 lockdown afgekondig vanaf 1 Mei 2020. Alles is egter nog toe en jy kan nerens heen gaan nie so die vraag is groter vandag. Wat Nou? Wel ek gaan probeer om dit vir jou op te los. So gaan maak ontbyt en trek jou Dagboek en pen nader en kom kuier saam met my. Terwyl jy dit doen, gaan ek vir jou vir Viktor Koston se Big Room Mix en Autoerotique se Asphyxiation en Mingespin se Vrouens maak slaai en Sofi Tucker se Purple hat speel.

Dit was Viktor Koston se Big Room Mix en Autoerotique se Asphyxiation en Mingespin se Vrouens maak slaai en Sofi Tucker se Purple hat en ek is William met Wat Nou waar ek jou help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan.

weer

Soos gewoonlik was dit nou die tyd van die motorfiets en motorsportgeesdriftiges se beurt om nader te skyf, maar as gevolg van Corona is alles gekanselleer so nou moet ons maar na die motorhuis gaan en n bietjie die motorfiets en motor opstart en so n bietjie laat idle en dan so n bietjie ref. Miskien kan jy sommer n burnout in die motorhuis of in die oprit doen. As mamma kwaad raak daaroor, wat gaan sy tog nou doen, jou hok? Sy is te laat ou Cyril het dit klaar gedoen. So trek vir jou jou motorfietsklere aan en doen jou colours trots en hou jou eie rally daar in die oprit of motorhuis en as mamma wil kan sy sommer vir jou die stripshow ook gee. Onthou net om die motorhuisdeur eers toe te maak anders le die hele buurt oor jou muur om te kyk hoe jou sexy vrou teen jou paal af gly en dan moet Hugo die polisie bel en is almal opgesluit oor hulle nie in hulle huise is nie.

Dis weer tyd vir n musiekbreek en ek speel vir jou vir Zol van Max Hurrel en Franja Du Plessis met Stad van verlange en Besomorph met Sweet Dreams en Fatman met Dorp toe.

Dit was Zol van Max Hurrel en Franja Du Plessis met Stad van verlange en Besomorph met Sweet Dreams en Fatman met Dorp toe en ek is William Munnik met Wat Nou waar ek jou help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dit was gewoonlik nou die beurt van die sportgeesdriftiges om nader te skyf, maar as gevolg van Corona is ons gehok en is al die sport gekanselleer. Jy kan darem nog sport op die betaalkanale kyk maar dis ou sport. So kom ek kyk wat ek vir die sportmense kan doen. Daar is verskeie opsies soos om op die treadmill te gaan stap of draf of jy kan jou trapfiets in die indoor trainer gaan sit en n bietjie gaan fiets ry. Jy kan ook n 1000 sit-ups en push-ups gaan doen. Sit lekker musiek op en doen sommer aerobics in die sitkamer. Die karate mense is uitgesorteer, want hulle kan hulle basics en kata en kumite oefen in die sitkamer. As jy `n bietjie spiere wil bou, tel sommer vir vroulief op en dra haar die huis vol. So daar is baie maniere om fiks te bly in hierdie lockdown tyd. Dis weer tyd vir n musiekbreek en ek speel vir jou vir Daddy Yankee met Gasolina.

 

Dit was Daddy Yankee met Gasolina en ek is William Munnik met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dis nou die tyd  om oor te gaan na die meer gekunstelde gedeelte van die program waar jy die groot punte by vroulief en die kinders verdien. Nou dat jy 24/7 in die huis is moet jy harder werk om daai punte te verdien. Verder tel sy nou nie meer as jy die skottelgoed was of die vloer uitvee of die wasgoed was of stryk nie. By die tyd is die gras in alle geval al gesny en gewas en gestofsuig. Jy kan ook nou nie vir vroulief en die kinders uitvat nie so jy moet vindingryk wees. Nou moet jy Netflix en Showmax opsit en flieks en reeks binge watch. Of vat `n kombers en pak `n piekniek en gaan sit bietjie buite op die gras en hou saam met vroulief en die kinders piekniek.

Op daardie noot is dit tyd om te groet. Ek speel uit met Baz Luhman met Free to wear sunscreen.

netradiosa.co.za

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply