WAT NOU 2020-08-01

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

William Munnik

SKAKEL OM TE LUISTER:

Goeie more! Coldplay se Adventure of a lifetime se vir jou dis tyd vir Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsakktiwiteite te beplan en ek is William Munnik. Nog `n week is verby met al sy probleme en oplossings wat daarmee saamgegaan het. Jy het slegte tye en goeie tye beleef en gehuil en gelag en nou is dit Saterdagoggend en jy wil vergeet van jou probleme en die suksesse vier. So die vraag is Wat Nou? En dis presies hoekom ek hier is om jou te help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Fase 3 advanced van die lockdown in Suid-Afrika is nou aan die gang. Mense was besig om hulle lewens terug te vat te midde van stygende gevalle van COVID 19. Die President het Sondag 12 Julie afgekondig dat drank nie meer verkoop mag word nie , omdat sekere mense hulleself nie kan gedra nie en die hospitale oorvloed met ongevalle as gevolg van drank. Nou het hy weer die verkoop en vervoer van alcohol onwettig gemaak sodat die hospitale nie daardie ekstra las het nie. Die President het Fase 3 advanced lockdown afgekondig vanaf 1 Julie 2020. Restaurante en Flieks en Teaters kan ook nou weer oopmaak met streng reels natuurlik. In die week is dit ook afgekondig dat jy nou weer vir plesier kan gaan kamp en oorslaap in hotelle. Jippieee! So dinge begin beter lyk so Wat Nou? Wel ek gaan probeer om dit vir jou op te los. So gaan maak ontbyt en trek jou Dagboek en pen nader en kom kuier saam met my. Terwyl jy dit doen, gaan ek vir jou vir  Lemoene van Bok van Blerk en Appel en Viktor Koston se Big Room Mix en Autoerotique se Asphyxiation en Mwah met Gee Gee Gee speel.

Dit was Lemoene van Bok van Blerk en Appel en Viktor Koston se Big Room Mix en Autoerotique se Asphyxiation en Mwah met Gee Gee Gee en ek is William met Wat Nou waar ek jou help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan.

weer

Soos gewoonlik was dit nou die tyd van die motorfiets en motorsportgeesdriftiges se beurt om nader te skyf. Die biker gemeenskap is ook stadig maar seker besig om hulle lewens terug te vat en het begin om ander maniere te kry om hul passie uit te leef.

EMERGENCY DONATION RUN:

8 Augustus by die N1 MacDonalds om 11:00. Beweeg na die Parlement. Die rede is omdat hulle gese het ons mag nie.

Dinge lyk ook goed vir die Poison rally vanaf 4 -6 Desember.

Dis weer tyd vir n musiekbreek en ek speel vir jou vir Gwen Stefanie met What you waiting for en Golden earring met Radar Love en Rammstein met Feuer Frei.

Dit was Gwen Stefanie met What you waiting for en Golden earring met Radar Love en Rammstein met Feuer Frei en ek is William Munnik met Wat Nou waar ek jou help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dit was gewoonlik nou die beurt van die sportgeesdriftiges om nader te skyf, maar as gevolg van Corona is ons gehok en is al die sport gekanselleer. Jy kan darem nog sport op die betaalkanale kyk. Sport mag nou weer gespeel word, maar geen kontaksport nie. So fietsry en atletiek is weer in. Baie byeenkomste word weer gekanselleer as gevolg van Corona. So kom ek kyk wat ek vir die sportmense kan doen. Daar is verskeie opsies soos om op die treadmill te gaan stap of draf of jy kan jou trapfiets in die indoor trainer gaan sit en n bietjie gaan fiets ry. Jy kan ook n 1000 sit-ups en push-ups gaan doen. Sit lekker musiek op en doen sommer aerobics in die sitkamer. Die karate mense is uitgesorteer, want hulle kan hulle basics en kata en kumite oefen in die sitkamer. As jy `n bietjie spiere wil bou, tel sommer vir vroulief op en dra haar die huis vol. So daar is baie maniere om fiks te bly in hierdie lockdown tyd. Dis weer tyd vir n musiekbreek en ek speel vir jou vir Miley Cyris se Wrecking ball remix.

 

Dit was Miley Cyris se Wrecking ball remix en ek is William Munnik met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dis nou die tyd  om oor te gaan na die meer gekunstelde gedeelte van die program waar jy die groot punte by vroulief en die kinders verdien. Nou dat jy 24/7 in die huis is moet jy harder werk om daai punte te verdien. Verder tel sy nou nie meer as jy die skottelgoed was of die vloer uitvee of die wasgoed was of stryk nie. By die tyd is die gras in alle geval al gesny en gewas en gestofsuig. Jy kan ook nou nie vir vroulief en die kinders uitvat nie so jy moet vindingryk wees. Nou moet jy Netflix en Showmax opsit en flieks en reeks binge watch. Of vat `n kombers en pak `n piekniek en gaan sit bietjie buite op die gras en hou saam met vroulief en die kinders piekniek. Restaurante en Flieks en Teaters kan ook nou weer oop maak. Alhoewel mense nog skrikkerig gaan wees om hierdie plekke te besoek.

Op daardie noot is dit tyd om te groet. Ek speel uit met Shahmen Mark se Infinity remix.

www.netradiosa.co.za

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply