Wat Nou met William 2019-08-31

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Skakel om te luister:

Link to listen:

WAT NOU: 31 Augustus-6 SEPTEMBER  2019

Goeie more! Tiesto se Boom se vir jou dis tyd vir Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsakktiwiteite te beplan en ek is William Munnik. Nog `n week is verby met al sy probleme en oplossings wat daarmee saamgegaan het. Jy het slegte tye en goeie tye beleef en gehuil en gelag en nou is dit Saterdagoggend en jy wil vergeet van jou probleme en die suksesse vier. So die vraag is Wat Nou? En dis presies hoekom ek hier is om jou te help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. So gaan maak ontbyt en trek jou Dagboek en pen nader en kom kuier saam met my. Terwyl jy dit doen, gaan ek vir jou vir Coldplay met Adventure of a lifetime en Bok van Blerk met Lemoene en die Black Eyed Peas met Boom Boom Pow speel.

Dit was Coldplay met Adventure of a lifetime en Bok van Blerk met Lemoene en die Black Eyed Peas met Boom Boom Pow en ek is William met Wat Nou waar ek jou help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te

weer

Dis nou tyd vir die motorfiets en motorsportgeesdrifftiges om nader te skuif.

BIKERS  RALLY

SPRING RALLY 2019

Plek:  Gariep dam

Vrystaat

Wanneer: Vanaf Vrydag 30 Aug. tot Sondag 1 September

Kostes:  u moet aanlyn boek en registreer www.springrally.co.zaa

Al die bikers en Harley eienaars word genooi om die rally by te woon.  ‘n Lekker manier dink ek om die Lente dag te vier. Kom geniet die pret en vermaak.

 

MOTORCYCLE EXPO

Plek- Snowflake gebou Potchefstroom

h/v 106 Wolmarands en Piet Bosman straat

Potchefstroom

Wanneer:  31 Augustus vanaf 8 uur die oggend

Kostes:  R20

In 2018 het ons 109 motorfietse in 7 verskillende katogoriee uitgestal.  Ons het 1000 gaste gehad so kom geniet 2019 en kom ons maak dit groter.  Daar is veilige parkering,, lekker musiek. ‘n kroeg en lekker kos.  Daar is vir die kinders ook vermaak as ook stalletjies om te aanskou

 

MIDNIGHT STING SECUNDA

Plek:  The Stig

Secunda

Wanneer:  31 Augustus om 10 uur die oggend

Kostes:  R80 per persoon sluit badges in

Kom geniet ‘n lekker day jol.  Lewendige vermaak.  Lekker pryse te wen.  Gelukkige prystrekking.  Lekker speletjies en pret.

 

BROTHERHOOD LOWVELD DAY JOL

Plek:  Broken Sawmill Pub & Restaurant

Sabie

Na Graskop straat se kant

Wanneer:  31 Augustus vanaf 10 uur die oggend

Kostes:   R50 per persoon

Kom geniet ‘n lekker jol.  Alle bikers welkom.  Daar is Badges te koop.  Julle kan ook onbederfbare produkte skenk dit gaan vir die Soli Deo Gloria in Lydendburg geskenk word.  Daar is baie pryse te wen en baie dinge oor te gesels so kom geniet die dag.

 

DIAPER DASH 2019

Plek:  Woodlands Sportklub

65 secker straat

Woodlands, Pretoria

Wanneer:  1 September van 08:30

Kostes:  ‘n pak grootmens of baba doeke

Kom geniet die rit.  Ons kom half nege by die Engen Pavillon by mekaar.  Ons vertrek stiptelik om 9uur en ons eindig by die Woodlands Sportklub.  Daar is materiaal of metaal badges te koop.  Lekker springkastele vir die kinders en speletjies. Lekker pryse te wen asook musiek.

LEATHER’S AND WHEELS

Plek:  Out West Saloon

Out West Saloon

76 Clinic Rd,  Mulderdrift

Wanneer:  1 September om 9:30

Kostes:  Word niks genoem

Almal 9 uur by Nando’s Keywest.  Half tien stiptelik begin die massiewe rit na Sasol Pine Haven 9:50 Gaan rit na Out West Saloon.  Alle bikers en selfs karre kan aan die rit deel neem.  Daar sal ‘n hoekie wees om al jou unwanted dinge te verkoop, jackets, helmets, handskoene ens.  Kinders is ook welkom daar sal springkastele vir julle wees.  Daar sal ook ‘n veiling om 13:00 wees en alle winste gaan na “Have a heart”

 

BIKES ‘N BURGERS AT ROCOMAMAS

Plek:  RocoMamas Irene Village Mall

Winkel 93 Irene Village Mall

h/v Nellmapius drive & Van Ryneveld Laan

Centurion

Wanneer:  1 September vanaf 5:30pm tot 10:00pm

Kostes:  Gratis

ZA Bikers en Rocomammas, Irene Village Mall hou  die Spring fling om die begin van lente te vier.  Lekkerste weer vir motorfiets ryers in die wereld.  Kom geniet die geleentheid.

 

CHROME &ART RALLY

Plek:  Soetdoring Country klub

Soetdoring straat

Polokwana

Wanneer:  6-8 September

Kostes:  R150 per persoon

Kom geniet lekker lewendige musiek, stalletjies, speletjies en kos  te koop.  Groot skerm tv vir die sport geesdriftiges asook ‘n biker bar.  Daar is Chalets beskikbaar of bring ‘n tent saam.

 

KARTING ROUND 6

Plek:  Killarney Gardens

Wanneer:  31 Augustus vanaf 9uur tot 14:00

Eerste resies 9uur die oggend

Kostes:  R80 per persoon, kinders onder 16 R20 en kinders onder 12 gratis

. Kom geniet dit lekker lewendige musiek en pret vir die hele gesin.

 

Dit is dan al wat die motor en motorfietsgeesdriftiges se wereld aanbetref. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Britney Spears met I love rock n roll en Steve Hofmeyer met Baby makes her Blue Jeans talk en Bruce Springsteen met Glory Days.

Dit was Britney Spears met I love rock n roll en Steve Hofmeyer met Baby makes her Blue Jeans talk en Bruce Springsteen met Glory Days  en ek is William met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan.

Dis nou die beurt van die sportgeesdriftiges.

 

FIETS RY

GARMIN MTB CLASSIC 2019

Plek:  The Big Red Barn

Irene

Centurion

Wanneer:  31 Augustus 2019

Kostes en afstand:  55km uit verkoop niks meer plek

30km  is R50

10 km is R50

Kom ons pak die geleentheid en raak fiks.

 

ROODEPLAAT MOUNTAIN BIKE RACE & WALK  2019

Plek:  NG Kerk Kameeldrif

Gauteng

Wanneer:  31 Augustus 2019

Kostes en afstand:  50km – R300

23km – R150

7.5km –R 75

Kinders Mtb            1.5km R25

Loop                           3km R25

Klink na ‘n lekker gesins geleentheid en sommer fiks raak ook.  Onthou net om u betaalde strokie te toon by die rit.

 

 

 

 

RUGBY

CURRIE CUP

Saterdag 31 Augustus:  Goue leeus teen Tafel Lager Griquas om 17:00 Emirates Airlane Park

Cheetahs teen Sharks om 20:00 by Toyata Stadium

 

Dit is dan die sport. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Senorita van Shawn Mendes en Camilla Cabello en Wrecking ball remix van Miley Cyris..

Dit was Shawn Mendes en Camilla Cabello en Wrecking ball remix van Miley Cyris en ek is William Munnik met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dis nou die tyd  om oor te gaan na die meer gekunstelde gedeelte van die program waar jy die groot punte by vroulief en die kinders verdien.

 

 

JACKSON HALL

Plek:  Jackson Hall Grandwest

Kaapstad

Wanneer:  1 Junie tot 31  Aug. 2019

Kostes:  Gratis

Kom begin die naweek reg.  Laaste  Saterdag vanaf 21:00 uur die aand kan jy en jou metgesel, meisie of vriende na lekker musiek kom luister.  Daar gaan lekker populere musiek wees asook jazz,  iets vir alma

 

MINI GIN &TAPAS FEST

Plek:  The Station on Bree

207 Bree str.

Kaapstad

Wanneer:  Elke Saterdag van 17 Augustus tot 28 Desember 2019 vanaf 3pm-20:00

Kostes:  R200per persoon

10 Gin soorte om van te kies.  Ons deel die pret en plesier vir die spirit.  Ons het lekker geure.  Jy kan van 5 kies om te proe gin of tapas of jy kan dit meng.  Bespreek maar vooraf as u belang stel.

 

HANTAM VLEISFEES 2019

Plek:  Hoofstaat 8190

Calvinia

Wanneer:  30-31 Augustus

Kostes:  Word nie genoem

Calvinia is skaapwereld en die laaste naweek in Augustus is almal en alles in en om die dorp in rep en roer wanneer die jaarlikse vleisfees aangebied word. Vanjaar is dit die 30ste keer dat die fees aangebied word en die hoof doel daarvan is steeds, soos toe dit in 1990 alles begin het om die heerlike, geurige skaapvleis van die streek te bevorder.  Beslis ‘n hoogte punt op die kalender.

 

LENTEDAG PLAASKOSTAFEL SONDAG ETE

Plek:  Stellenbosch Kitchen

h/v Dorp &Andringa straat

Stellenbosch

Wanneer:  1 September van 12 uur tot 17:00

Kostes:   R245 per volwassene en R175 vir kinders onder 12

Die Stellenbosch Hotel en Stellenbosch kombuis nooi u uit om by ons aan te sluit vir egte tradisionele Suid-Afrikaanse eetevaaring in die hartjie van Stellenbosch hierdie Lentedag.

 

THE CHOCOLATE FESTIVAL 2019

Plek:  The Woodmill

Stellenbosch

Wanneer:  31 Augustus – 1 September

Kostes:  R180 per volwassene en R50 ‘n kind tussen 3-18

Skojolade , skojolade en nog skojolade.  Dus wat jy gebelowe is by die jaar se fees.  Enige soet tand is welkom.  Die kinders se kaartjies sluit popcorn en roomys in of popcorn en melkskommel.

WICUS & PIETMAN

Plek:  Die Boer

Durbanville

Wanneer:  4 September vanaf 20:30

Kostes:  R185 per persoon

Bierman ons is Wicus en Pietman en kuier al die jare om ie vuur.  As Bure. As Vrinne. Altwee in die Kombi, maar albei wil bestuur. Kom lag. Kom vergeet. Ons kombineer sousboontjies en beet.  Ons sal vir jou vertel wat ons nog altyd weet.

 

 

 

 

 

 

Op daardie noot is dit tyd om te groet. Ek speel uit met Starkillers en Discoteka

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply