Wat Nou met William Munnik 2019-08-10

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

WAT NOU: 10-17 Augustus 2019

Goeie more! Afrojax en Martin Garrix se Turn up the speakers se vir jou dis tyd vir Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsakktiwiteite te beplan en ek is William Munnik. Nog `n week is verby met al sy probleme en oplossings wat daarmee saamgegaan het. Jy het slegte tye en goeie tye beleef en gehuil en gelag en nou is dit Saterdagoggend en jy wil vergeet van jou probleme en die suksesse vier. So die vraag is Wat Nou? En dis presies hoekom ek hier is om jou te help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. So gaan maak ontbyt en trek jou Dagboek en pen nader en kom kuier saam met my. Terwyl jy dit doen, gaan ek vir jou vir Coldplay se Adventure of a lifetime en Viktor Koston se Big room mix en Lemoene van Bok van Blerk en Appel speel, want lemoene is goed vir jou.

Dit was Coldplay se Adventure of a lifetime en Viktor Koston se Big room mix en Lemoene van Bok van Blerk en Appel  en ek is William met Wat Nou waar ek jou help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan

weer

Dis nou tyd vir die motorfiets en motorsportgeesdrifftiges om nader te skuif. Net voor ek gaan kyk wat by die bikers rallies aangaan, gaan ek vir jou `n klankgreep speel van hoe dit by so `n rally van tyd tot tyd klink. Ek was verlede naweek by die Kraai rally op Citrusdal en het die klankgreep daar gemaak net so om die motorfietsgeesdriftiges se harte bietjie warm te maak.

BIKERS  RALLY

BOABAB RALLY

Plek:  Mokhotho lodge

Op R40 oppad na Phalaborwa

Wanneer:  9 -11 Augustus  2019  Heeldag

Kostes:  R200 per persoon

Kom geniet die geleentheid lekker speletjies en nog vele meer. Daar is ook akkomadasie as jy voor af  bespreek.

BLACK OYSTER rally

Plek:  Shoenies Malay Camp

Schoenmakersdorp

Port Elizabeth

 

Wanneer:  9-11 Augustus

Kostes:  R180 per persoon  kinders onder 10 gratis

 

Kom geniet die geleentheid.   Daar is hempde te koop teen R150

Karavaan R100 en R50 per kar

Lekker geleentheid om jou vrou te spoil vir die maand

DFC DOES DUMA EAST COAST RALLY

9 -11 Augusus 2019

Umthunzi Hotel en Conference

Net Harley Davidsons mag deel wees. Dis nou waar die res van ons bikers ons oe rol.

LIVE LOUD & PROUD

Plek:  Femsus Pub & grill

Plot 176 zilkaatsnek

Hartbeespoort &Brits

Wanneer:  10 Augustus

Kostes:  R60 per persoon sluit braai pak in (wors,steak,tjop)pap

Kom geniet die kans min wat ‘n mens ‘n braai pak teen daai prys kry.  Lekker musiek en speletjies en nog vele  meer.

 

2020 &80’s SUZUKI KATANA DAY WITH SISTERS BOULEVARD AND HAYABUSA

 

Plek:  Bikers Warehouse

1 Aureole laan

Northgate, Randburg

 

Wanneer:  11 Augustus begin  6:30am

Kostes:  Gratis

 

Ry tot Springs en terug begin half 7 .  Lekker bikers geleentheid.  Lekker kos en speletjies na die rit beskikbaar dag van vele pret.

POWER SERIES ROUND 6

 

Plek:  Killernay Gardens

Wanneer:  10 Augustus

Kostes:  R80 per persoon, kinders onder 16 R20 en kinders onder 12 gratis

. Kom geniet dit lekker lewendige musiek en pret vir die hele gesin.

LADIES LEARN TO RIDE

17 Augustus 2019 09:00 – 12:00

Triumph Johannesburg

Net vrouens is genooi. Ek weet nou nie of ons mans mag staan en kyk nie. Hulle weet hoe graag ons mans staan en kyk. Vat jou girl of vrou met die motorfiets en dan moet jy mos staan en wag en kyk. Hoe gaan jy nou by die huis kom. Onthou sy kan nie ry nie. Sy is dan nou daar om te leer.

LETS ADVENTURE

17 Augustus 2019

Rad Moto and Adventure Academy Maraisburg

On of roads en jy moet kan ry want die dag

Dit is dan al wat die motor en motorfietsgeesdriftiges se wereld aanbetref. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Leo Marichioli se Closer van die Chainsmokers en Jinjer se Pisces en Golden earring met Radar Love.

Dit was Leo Marichioli se Closer van die Chainsmokers en Jinjer se Pisces en Golden earring met Radar Love en ek is William met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan.

Dis nou die beurt van die sportgeesdriftiges.

 

FIETS RY

 

TOUR DE PILANESBERG WILDERNESS 2019

 

Plek:  Pilanesberg Nasionale Park

Noord Wes

Gauteng

Wanneer:   17 Augustus

Kostes:  R3000 per persoon vir 50 km in wildernis

Lekker pret en fiks raak

 

 

RUGBY

 

Suid afrika teen Argentina om 21:40

Hoop ons doen so goed soos teen All blacks

 

Dit is dan die sport. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Amanda van Steve Hofmeyer en Demi-Lee Moore.

Dit was Amanda van Steve Hofmeyer en Demi-Lee Moore ek is William Munnik met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dis nou die tyd  om oor te gaan na die meer gekunstelde gedeelte van die program waar jy die groot punte by vroulief en die kinders verdien.

 

 

JACKSON HALL

Plek:  Jackson Hall Grandwest

Kaapstad

Wanneer:  1 Junie tot 31  Aug. 2019

Kostes:  Gratis

Kom begin die naweek reg.  Elke Vrydag en Saterdag vanaf 21:00 uur die aand kan jy en jou metgesel, meisie of vriende na lekker musiek kom luister.  Daar gaan lekker populere musiek wees asook jazz,  iets vir alma

 

TRIBUTE TO THE BEE GEES

Plek:  Die Boer

Durbanville

Kaapstad

Wanneer:  10 Augustus van 20:30 tot 22:00pm

Kostes:  R155 per persoon

 

Die Bee Gees is ‘n baie sukesvolle groep.  Hulle het 1955 begin.  Hulle het 1962 hulle eerste kontrak gekry by Austrulia met die liedjie Three kisses of love.  Hulle was baie popular en nog steeds.  Geniet die geleentheid.

 

GROOT KUIER LEIPOLDTVILLE

Plek:  Leipoldville fees

Wanneer:  10 Augustus

Kostes:  R120

Kom geniet die dag.  Bekendes soos Fatman, Demi Lee Moore, Jay en nog vele meer daar om te beleef.

 

SIP &SOUP FESTIVAL

 

Plek:  Hillcrest Quary

Wanneer:  10 Augustus vanaf 11uur tot 7uur die aand

Kostes:  R80 per persoon, kinders onder 12 gratis

Kom geniet die lekker warm sop  die tyd van die jaar veral so koud in die kaap

 

JUANITA DU PLESSIS

Plek:  Bellville Hoerskool

Wanneer:  10 Augustus 2019

Kostes:  Kry by computiket jou kaartjie

Ons almal geniet Jaunita se musiek spoil jou vrou en kinders en kom kyk na haar.

 

SLOW FOOD & WINE FESTIVAL

Plek:  Robertson

Kaaptstad

Wanneer: 9-11 Augustus 2109

 

Kom geniet jou wonderlus met lekker wyn en verskeie kos soorte.  Bederf jou vrou met ‘n lekker kaggelvuur en lekker kos.  Daar is baie om te leer en te ondervind.  Iets wat sy nooit sal vergeet.

 

 

 

 

 

Op daardie noot is dit tyd om te groet. Ek speel uit met Starkillers en Discoteka

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply