Wat Nou met William Munnik 2019-08-17

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

William Munnik

WAT NOU: 17-23 Augustus 2019

Goeie more! Tiesto se Boom se vir jou dis tyd vir Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsakktiwiteite te beplan en ek is William Munnik. Nog `n week is verby met al sy probleme en oplossings wat daarmee saamgegaan het. Jy het slegte tye en goeie tye beleef en gehuil en gelag en nou is dit Saterdagoggend en jy wil vergeet van jou probleme en die suksesse vier. So die vraag is Wat Nou? En dis presies hoekom ek hier is om jou te help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. So gaan maak ontbyt en trek jou Dagboek en pen nader en kom kuier saam met my. Terwyl jy dit doen, gaan ek vir jou vir Shawn Mendez en Camilla Cabello met Senorita en Shahmen Mark met Infinity remix en Starkillers met Discoteka speel.

Dit was Shawn Mendez en Camilla Cabello met Senorita en Shahmen Mark met Infinity remix en Starkillers met Discoteka en ek is William met Wat Nou waar ek jou help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan

weer

Dis nou tyd vir die motorfiets en motorsportgeesdrifftiges om nader te skuif.

BIKERS  RALLY

LADIES LEARN TO RIDE

17 Augustus 2019 09:00 – 12:00

Triumph Johannesburg

Net vrouens is genooi. Ek weet nou nie of ons mans mag staan en kyk nie. Hulle weet hoe graag ons mans staan en kyk. Vat jou girl of vrou met die motorfiets en dan moet jy mos staan en wag en kyk. Hoe gaan jy nou by die huis kom. Onthou sy kan nie ry nie. Sy is dan nou daar om te leer.

 

LETS ADVENTURE

17 Augustus 2019

Rad Moto and Adventure Academy Maraisburg

On of roads en jy moet kan ry want die dag is vir advanced riders

SOCIAL SUNDAY BREAKFAST RUN

Plek:  RAD MOTO

1 Wall str.

h/v Rivionia en Witkoppen str

Johannesburg

Wanneer:  18 Augustus vanaf 9uur tot 2uur die middag

Kostes:  Gratis

Kom geniet ‘n lekker “foodie ride” to Arts on Main.

 

BREEDE RIVER RALLY

Plek:   Kleinplaas

Oudtshoorn

Wanneer:  22-25 Augustus Heeldag

Kostes:  Word nie genoem nie

Die Breede Rivier sal weer eens een van julle jaarlikse ralleys.  Hulle nooi al die Harley Davidson ryers om dit te kom geniet in die klein karoo.  Die Karoo is so mooi om ring met berge en die valley.  Iets vir die oog.

 

ATA OFF-ROAD &ADVENTRURE SKILLS CHALLENGE 2019

Plek:  Stonehenge Tlokwe

Parys

Vrystaat

Wanneer:  23 Augustus vanaf 2uur – 25 Augustus tot 12uur die middag

Wat aangebied word:

Vrydag 23 Augustus vanaf 14:00 opstel van kampgoed in toegewyde area vir die Stofkat by ATA & Stonehenge, Braai vir die wat kamppeer

Saterdag 24 Augustus:  Registrasie van die wat op bikes wil ry, avontuur konserte en 2de aand kampering en braai

Sondag 25 Augustus:  Pak op die kampgoed en rit na Randfontein area vir die wat belangstel in bietjie vuil word.  Nader na die tyd sal daar meer oor uitgebrei word.

Kostes:  Toegang by die hek vir die Dag is R70 per persoon

Vir die naweek R400 per persoon vir die Avontuur

En dan nog ‘n R130 per persoon wat kamp sluit braai pak in, slaai en braai brood

 

FAITH WEEKEND 2019

Plek:  Pleasure Resort

Hartbeespoort dam

Wanneer:  23 Augustus van 2 uur die middag tot 25 Augustus tot 12 uur die middag

Kostes:  Word nie genoem

Kom geniet ‘n lekker naweek van pret en vermaak.

 

STREETCAR TRACK DAY

 

Plek:  Killarney Gardens

Wanneer:  17 Augustus vanaf 9uur tot 14:00

Die Streetcar Track laat almal in die publiek toe om met julle karre te ry as julle wil op die reisies baan. Daar sal 3 verskillende soorte kampe van die beginners tot die wat gewoont is om op die bane te ry. Na so paar rondtes vandag sal jy ook dalk ‘n ou wees wat heeltyd wil op die tracks ry.  Die rondtes is so 15 min elk. Met die volgende voorwaardes: Lang hemp, lang broek en toe skoene ‘n helmet as ook ‘n bestuur lisensie.  Voor als sal begin sal jou kar eers na gekyk word.  Net vir veiligheid.

 

Kostes:  R495 vir die WPMC ryers, R660 vir die nie WPMC ryers en R200as jy ‘n passasier is.

Vir die motorfiets ryers geld dieselfde pryse jy het nie nodig om voor uit te boek dit begin net van 14: 00 tot 18:00

 

Dit is dan al wat die motor en motorfietsgeesdriftiges se wereld aanbetref. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Britney Spears met I love rock n roll en Steve Hofmeyer met Baby makes her Blue Jeans talk en Bruce Springsteen met Glory Days.

Dit was Britney Spears met I love rock n roll en Steve Hofmeyer met Baby makes her Blue Jeans talk en Bruce Springsteen met Glory Days  en ek is William met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan.

Dis nou die beurt van die sportgeesdriftiges.

 

FIETS RY

 

TOUR DE PILANESBERG WILDERNESS 2019

 

Plek:  Pilanesberg Nasionale Park

Noord Wes

Gauteng

Wanneer:   17 Augustus

Kostes:  R3000 per persoon vir 50 km in wildernis

Lekker pret en fiks raak

 

 

RUGBY

CURRIE CUP

Saterdag 17 Augustus:  Phakisa Pumas teen Cheetahs om 5:00 Mbombela stadium

Goue leeus teen Sharks om 05:00 Emirates Airlane Park

Springbokke Wereldbeker

17 Augustus:  Suid afrika teen Argentina om 08:05 Loftus Versfeld

 

Dit is dan die sport. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Amanda van Steve Hofmeyer en Demi-Lee Moore.

Dit was Amanda van Steve Hofmeyer en Demi-Lee Moore ek is William Munnik met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dis nou die tyd  om oor te gaan na die meer gekunstelde gedeelte van die program waar jy die groot punte by vroulief en die kinders verdien.

 

 

JACKSON HALL

Plek:  Jackson Hall Grandwest

Kaapstad

Wanneer:  1 Junie tot 31  Aug. 2019

Kostes:  Gratis

Kom begin die naweek reg.  Elke Vrydag en Saterdag vanaf 21:00 uur die aand kan jy en jou metgesel, meisie of vriende na lekker musiek kom luister.  Daar gaan lekker populere musiek wees asook jazz,  iets vir alma

 

MINI GIN &TAPAS FEST

Plek:  The Station on Bree

207 Bree str.

Kaapstad

Wanneer:  Elke Saterdag van 17 Augustus tot 28 Desember 2019 vanaf 3pm-20:00

Kostes:  R200per persoon

10 Gin soorte om van te kies.  Ons deel die pret en plesier vir die spirit.  Ons het lekker geure.  Jy kan van 5 kies om te proe gin of tapas of jy kan dit meng.  Bespreek maar vooraf as u belang stel.

 

KRONE 6

Plek:  Sun Arena Pretoria

Wanneer:  17 Augustus om 18h00

18 Augustus om 14h00

 

Kostes:  R195 per persoon

Krone is die grootste saamsing vertoning in Suid-Afrika. Top Kunstenaars trek hulle partjieskoene aan en kom bymekaar om die grootste treffers van ons tyd te vier.  Krone 6 gaan groter en lekkerder wees.  Bring al jou familie en vriende en kom sing uit volle bors saam.

 

ANDRA

Plek:  Die Boer

Durbanville

Wanneer:  20 Augustus van 20:30 – 23:30

Kostes:  R130 per persoon

Dit voel net reg dat die Namiese ‘blues’-vrou Andra haar debuut by die Die Boer tydens Vrouemaand kom maak. Andra en haar volle band gaan hul verskyning maak.  Kom beleef haar fluweelstem in al sy heuse glorie terwyl sy en haar groep die gehoor besing en bekoor.

 

ELGIN STEAM TRAIN

Plek:  Bloubergstrand

Kaapstad

Wanneer:  17 Augustus van 8 uur tot 17h30

Kostes:  R750 per volwassene

R500 per kind 3-13

Onder 2 gratis

Kom geniet die rit op ‘n lekker stoom trein.  Dus ‘n 9 ure lange rit na die Elgin Railway market oor Sir lowry’s pass.  Daar is lekker koeldranke en peusel goed op die trein te koop.   As ook lekker kos geregte.

 

FREEDOM RIDER SNACK DANCE

Plek:  Kensington Civic Centrum

Walrus straat

Kaapstad

Wanneer;  23 Augustus vanaf 19:00 tot 01:30am

Kostes:  R120 per persoon

Bring jou eie eetgoed en XYZ.  Geniet die dans en aand

 

 

 

 

 

Op daardie noot is dit tyd om te groet. Ek speel uit met Tomi ODV se Move

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply