Woensdag is Mboweni aan die woord

Met die Suid-Afrikaanse skuldlas wat maandeliks styg, en die swak ekonomiese toestande wat nie net weens die pandemie is nie, maar as gevolg van wanbestuur van die regering, word niks goeds voorsien nie.
Minister Mboweni is waarskynlik alleen wanneer dit kom by die besparings wat ingestel behoort te word want Minister Gordhan en president Ramaphosa het saamgespan en laat die Minister van Finansies eenkant.
Persoonlike inkomstebelasting sal waarskynlik nie veel verander nie, en verhoging daarvan word nie voorsien nie.
Die miljarde Rand wat aan bankrot Staats entiteite betaal word, gaan aandag kry, maar of Mboweni gaan slaag om sy standpunt deur te voer, word bevraagteken, want daar is elemente wat glo die entiteite moet deurgaans gehelp word.
Of Mboweni ʼn plan het om die massiewe salarisrekening verminder te kry, is onduidelik, maar indien dit nie gebeur nie, is Suid-Afrika op die laaste trappie na ʼn finansiele ineenstorting.
Die Bron: Die Vryburger
[image: image.png]

Please follow and like us:

Leave a Reply